BOEK:- Ja vir Geloofsofferbeloftes

Ja vir GOB

JA vir Geloofsofferbeloftes; Meer geld vir Sending. 

‘n Metode om baie ekstra fondse vir ‘n gemeente se Sendingprojekte in te samel.

Na baie ervaring en intensiewe navorsing oor die onderwerp, het  Ds Chris Visser hierdie boek geskryf om kerk- en sendingleiers te help om die baie besware en vrese oor  die gebruik van die metode te beantwoord en veral die vrees dat ’n gemeente se dankoffer daaronder sou lei, verkeerd te bewys.  Getuienisse om dit te staaf en gemeentes wat hiermee begin het,  se groeiende sendingbetrokkenheid word vertel.

Die boek bied praktiese riglyne aan hoe om ‘n meer effektiewe Sendingprogram in gemeentes te mobiliseer en wil gemeentes sterk aanmoedig om die GOB-program vir hulle sendingfondse te implementeer en hoe om dit effektief te bestuur.

Die boek is tans uit druk uit, maar kan wel as eBoek afgelaai word. 

Vir die eBoek weergawe:

L.W. Hierdie boek is GRATIS. Om egter ‘n Donasie vir die gebruik van die boek te maak (vir die finansiering van ons bedieningsuitgawes, uitreikprojekte en voortgaande ondersteuning van sendelinge) betaal dit in die bankrekening van:

  • VISSERS VIR CHRISTUS
  • ABSA Centurion (Takkode 630-445),
  • Tjekrekening no 230-156-042.

Stuur asb. bewys van inbetaling na vischris@telkomsa.net.

Vir die aflaai van die eboek: “JA VIR GELOOFSOFFERBELOFTES” (Pdf weergawe) klik op LAAI E-BOEK HIER AF.

Kontak die skrywer by +27-12-6542938; +27-82-9269364

Comments are closed.