KONINKRYKSFOKUS

KF-logoKONINKRYKSFOKUS:                                                                       Die ontwikkeling van ‘n Handelinge 1:8                                  Missionale Gemeente.

WAAROM FOKUS OP DIE KONINKRYK?

Want… mens sou kon sê die koms van die koninkryk van God was die hart van Jesus se prediking! Dit lyk beslis so as Matteus dadelik na hy Jesus se eerste preek (Mat 4:17) opskryf, net ses verse later vertel hoe Jesus met sy eerste ‘uitreik’ (v 23) dit wat Hy verkondig ‘die evangelie van die koninkryk’ noem. (Nogal ‘n interessante studie wat jy self kan doen om na te gaan hoeveel maal Jesus die begrip ‘koninkryk’ net in Matteus gebruik)

Daarom die Naam: KONINKRYKSFOKUS. Die groep  leraars (leraars van 10 gemeentes wat saam ‘n nuwe Mobiliseringsproses ontwikkel en getoets het), het dus saam besluit op die naam. (Met erkenning aan Dr Larry Reesor wat sy Global Focus-program aan ons beskikbaar gestel het vir gebruik en aanpassing in ons Afrikaanse konteks).

Dit word nou al in ‘n paar gemeentes met groot vrug toegepas (soos Floridapark, Grimbeekpark, Lichtenburg, Secunda en Thabazimbi) en ons is opgewonde oor die seën daarop. Ons droom is beslis dat meer en meer gemeentes hiervan gebruik sal wil maak.

Kontak my gerus as jy meer wil weet, of kyk op ons Facebook blad;

“Hou van” of (Engels) “Like” die blad as jy self daarop wil registreer.

 

Comments are closed.