Chrisjan word ‘n Visserman; ‘n Visser vir Christus


Chrisjan word ’n Visserman!  

’n Visser vir Christus

As jy in my storie belangstel, hoe die Here my gered en geroep het, eers as ingenieur, later as predikant en uiteindelik, deur ’n paar snaakse en partymaal pynlike draaie, uiteindelik in hierdie bediening as mobiliseerder van gemeentes vir sending geplaas het….  en hoe Hy al die pad voorsien het en getrou was…end-uit, dan is jy welkom om my verhaaltjie te lees.

My enigste wens is dat God, my Hemelse Vader alleen, deur hierdie getuienisver HEERlik sal word.

’n Jare lange vriend wat dit gelees het, skryf as volg daaroor: “Lewensverhale is altyd iets spesiaal om te lees. Chris slaag uitstekend daarin om jou saam te neem deur sy lewe: Jou te laat lag, jou hartseer te laat word en selfs kwaad te laat word vir die onverskillige optrede van kinders van die Here.

 Die verhaal dek byna die volle reikwydte van wat ‘n mens seker in een lewe kan beleef – veral mense wie voluit op die Here vertrou en ‘n verskil in hierdie wêreld wil maak deur sout en lig te wees.

 Hierdie lewensverhaal tref en is ‘n aanwins vir elkeen wat die Wil van die Here in sy of haar lewe soek. Die lees daarvan is veral ‘n moet vir elke persoon wat dit oorweeg  om ‘n sendeling te word. 

 Chris rig met hierdie biografie ook ‘n monument op vir sy nageslag.”

Pieter Strobos, Raadgewende Ingenieur, Wonderboom-Suid, Pretoria

Meer oor die boek:

  • Publikasie: Mei 2009; Bladsye: 152  Omslag: Sagte band 
  • ISBN  978-1-920290-39-9 ; 
  • Prys: DONASIE van R80.00 (Posgeld ingesluit) 
  • eBOEK WEERGAWE: DONASIE van R40  (Sien meer inligting onderaan)

BESTEL BY DIE SRYWER:  Ds Chris Visser (VisChris)

eBOEK WEERGAWE:

  • L.W. Die boek is beskikbaar met die inbetaling van ‘n Donasie. Donasies word gebruik om die uitgawes van ons bediening te dek asook om ons uitreikprojekte te finansier.
  • Vir die eBoek weergawe van die boek: “Chrisjan word ‘n Visserman” :  LAAI DIT HIER AF. 
  • Maak asb. Donasie-inbetalings in die volgende bankrekening:
  • In die ABSA bankrekening: Vissers vir Christus,
    • ABSA Centurion (Takkode 630-445)
    • Tjekrekening no 230-156-042

    In die ENB tjekrekening: ForHisKingdom,

    • ENB Centurion (Takkode 250655)
    • Tjekrekening no 626-7682-3307

    (Stuur bewys van betaling na vischris@telkomsa.net)

  • Kontak die skrywer by +27-12-6542938; +27-82-9269364;   epos: vischris@koninkryksfokus.com

Comments are closed.