Vryval; Laat los! leef jou droom!

[Bron: Stefan Joubert se eNuus Kernkrag -18 Julie]

Vryval

Aan die einde van Oktober 2012 het Felix Baumgartner uit ’n ruimteskip-lugbalon gespring ’n hele 39.26 km bokant die aarde. Vir ’n volle 4 minute en 20 sekondes het hy vry geval. Sy topspoed was ’n volle 1342 kilometer per uur. Dit is verstommend wat mense nie alles sal doen om rekords te breek en hulle drome na te jaag nie.

Ewe dapper was Moses om op 80-jarige ouderdom ’n groot volk die onbekende in te vat op God se bevel. Vir die volgende 40 jaar het hy sy eie vorm van vryval beleef. Sy enigste Gids was die lewende God. Moses het beleef dat God dag vir dag en tree vir tree getrou is as jy op sy bevel die onbekende in-val! Uiteindelik het hy sy gevaarlike missie voltooi en Israel tot op die rand van die Beloofde Land gebring. Hemelse rekords breek elke slag hier op aarde wanneer gewone mense nuwe terrein in die Here se Naam binne-val. Om in veilige godsdienstige hawens rond te sit, verander nooit die wêreld in God se rigting nie. Dis diegene wat gaan waarheen God hulle stuur wat die regte impak maak.

Comments are closed.