Website Hosting Advice

Frank Viola’s recommendation:

Frank Viola’s Blog – BlueHost – Why I Recommend It as the Best Blog & Website Hosting Service

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit Beeld: 22 Oktober deur WILLEM KEMPEN

Bou jou eie webwerf in ’n kits – Ingeprop

Hoewel groot sosiale netwerke soos Facebook en Twitter deesdae vir baie individue en klein ondernemings ’n goedkoop of gratis manier is om op die internet teenwoordig te wees, is dit soms steeds goed om jou eie webwerf te bedryf.

Op so ’n webwerf kan jy onder meer ’n blog bedryf, jou onderneming se dienste of produkte uiteensit of selfs jou eie aanlynwinkel bedryf.

Jy het ’n hele klompie opsies as jy jou eie webwerf wil begin. Baie van die gratis dienste is basies maar uitstekend, en jy kan mettertyd kies om meer funksies en opsies teen betaling by te voeg.

Die heel eerste stap is om ’n domeinnaam te vind en te registreer. Baie van die gratis dienste skep so ’n domeinnaam outomaties vir jou, maar dan moet jy tevrede wees met iets soos www.enormemaatskappy .com/eenvanmiljoene.kosiese vistenks.

As jy ’n naam soek wat mense maklik gaan onthou, sal jy moet betaal vir die registrasie en huisvesting (“hosting”) daarvan. Meestal behoort jy ’n beskikbare domeinnaam (sê maar www.kosiesevistenks.co.za) te kan registreer vir sowat R100 per jaar.

Doen ’n klompie soektogte voordat jy kies vir wie jy jou geld gaan gee, maar byvoorbeeld www.webafrica.co.za se diens is baie goed en hul pryse mededingend.

Die lekkerste deel van die proses is om jou webwerf te ontwerp.

Dis lank reeds nie meer nodig om HTML-kodering te leer of dik boeke te koop nie, tensy jy iets werklik eiesoortigs wil doen wat komplekse programmering vereis.

Vir die meeste mense se behoeftes sal een van die menigte gratis dienste heeltemal voldoende wees. Daar is heelwat om uit te kies, sowel in Suid-Afrika as in die buiteland, maar hier is ’n paar wat baie gewild is en by wie ek al goeie diens gekry het:

  •  www.wix.com
  •  www.yola.com
  •  www.weebly.com
  •  www.simplesite.com

Tipies registreer jy gratis op een van dié webwerwe, waarna jy toegang kry tot ’n reeks sjablone (“templates”) waaruit jy kan kies om as beginpunt vir jou projek te dien.

Jy bou dan die werf deur die nodige elemente te kies, hulle met die muis op die blad te rangskik en die teks te verander soos jy dit wil hê. Dié elemente sluit in foto’s, ’n opsielys en selfs dinge soos ’n katalogus, pryslyste of dat iemand soos Google advertensies op jou blaaie mag plaas.

Dié dienste is almal maklik om te gebruik en dis nie ’n oordrywing dat jy jou basiese werf binne minute kan klaar hê nie.

(Bron: http://www.beeld.com/bylae/2013-10-21-bou-jou-eie-webwerf-in-n-kits)

Comments are closed.