Humor

Lewe na die dood?

Baas:  Glo jy in ‘life after death’?

Werker: Absoluut meneer!

Baas: So gedink! Gister, net na jy hier weg is na jou vriend se begrafnis, het hy hier opgedaag om vir jou te kom hallo sê.

***

Amerika se federale regering het aktiwiteite oor ‘n wye veld gesluit as gevolg van die Kongres se onvermoë om die begroting te laat klop. Wat is die implikasies as die staatsdiens in Suid-Afrika gesluit sou word?

‘n Vinnige ondersoek het geopenbaar dat Suid-Afrikaners 50/50 oor die saak verdeel is: 50% sê dit sal geen verskil maak nie, terwyl 50% dink dit het alreeds in 1994 gebeur.

(Bron: Koopkrag nuusbrief)

Comments are closed.