Daily Archives: 2014-05-09

Evangelie-aanbieding volgens Joh 3:16

Geloofsekerheid:

Die GOEIE NUUS van die Christelike evangelie is dat mens seker kan wees dat jy ‘n kind van God is en die Ewige Lewe sal ontvang (of reeds het!).

Ek het self baie lank daarmee geworstel en ek weet dat baie mense daarmee sukkel –  dus speel die vyand woer woer met jou geestelike lewe. Mens bly aan die twyfel en kan daarom nie spontaan die evangelie met ander deel nie.

En as mens sou sterwe, is mens gereed om God te ontmoet – ‘n onderwerp wat liefs vermy word. Die beste wat sulke mense kan aanvoer is dat hulle  “hul bes probeer” en “darem nie te veel sondig nie” .

Hiermee ‘n eenvoudige verduideliking (power point aanbieding) aan die hand van Joh 3:16 met die volgende 6 uitstaande waarhede daarvan:

(1) God het (2) die wêreld so lief gehad (3) dat Hy sy enigste Seun gegee het, (4) sodat dié wat in Hom glo, (5) nie verlore sal gaan nie (6) maar die ewige lewe sal hê.

Jy is welkom om die aanbieding op die skakel hieronder af te laai en te kyk (en met ander te deel)

Evangelie-aanbieding volgens Joh 3:16

Jesus is die Antwoord!

’n Reeks preke vir Pinkster 2014
Dit is in Powerpoint show-formaat.
Jy is welkom om daarvan gebruik te maak.

(Klik op die skakels op die onderwerpe hieronder en die lêer van die Powerpoint behoort oop te maak om te kan aflaai)

TEMA: JESUS IS DIE ANTWOORD!

JESUS IS DIE ANTWOORD! Dis ons boodskap aan die wêreld, maar wat bedoel ons daarmee en verstaan ons altyd die werklike vrae wat die wêreld vra?
Wat het Jesus werklik op aarde kom doen? Ons gaan dit gedurende die reeks ondersoek en tot konklusies kom.
1) Is Jesus die volle antwoord? (Gebruik ook die Powerpoint met die “Evangelie-aanbieding volgens Joh 3:16” soos hieronder gegee hiermee saam)
2) Waarvoor het Jesus (eintlik) gekom?
3) Wat was Jesus se hooftaak op aarde?
4) Wat is steeds vandag Sy mandaat vir ons? (L.W. Nie “Sy opdrag” nie)
5) Praktiese hulpmiddels hoe om te
6) Is dit alles die moeite werd? (Wen of verloor ons?)

Evangelie-aanbieding volgens Joh 3:16