Apateïsme: ’n Nuwe term vir … “So what?”

Apateïsme: ’n Nuwe term vir … “So what?”

Op wie moet die kerk fokus met sy getuienistaak? Ja, natuurlik om ongelowiges te bereik. Beginnende met hulle in ons naby omgewing, kerklosses en kerkloses.

Maar meeste van hulle is REEDS BEREIK met die evangelie (m.a.w. die evangelie is vir hulle redelik beskikbaar; hulle het reeds gehoor of kan hoor; het ’n Bybel in hulle eie taal en ’n Christen naby wat vir hulle kan vertel en word nie vervolg vir hulle geloof nie)

As sendingmobiliseerder gebruik ek die teks uit Hand 1:8 as belangrike rigsnoer en daarvolgens moet ons terselfdertyd (vgl. Hand 1:8 se “sowel as”) ook fokus op die diegene vêrder weg, tot aan die uithoeke.

Daarom doen ons by KONINKRYKSFOKUS baie moeite om veral ook die ONBEREIKTES onder die kerk se aandag te bring. Tradisioneel is dit veral hulle wat in die 10/40 venster woon en breedweg onder byvoorbeeld die godsdiensgroepe van Moslems, Hindoes en Boeddhiste geplaas kan word. Dis veral hulle wat NIE aan bogenoemde kriteria voldoen nie m.a.w. die evangelie is NIE vir hulle redelik beskikbaar nie, hulle het NOG NIE gehoor nie, het NOG NIE ’n Bybel in hulle eie taal en NIE ’n Christen naby wat vir hulle kan vertel nie en word WEL vervolg vir hulle geloof).

Onder al bogenoemde groepe was daar wel altyd diegene wat steeds die evangelie aanvaar as hulle dit verstaanbaar hoor. Daarom gaan die kerk steeds voort met sy sending- en evangelisasieprogramme. Daar word dus gefokus om die soekendes (Engelse term “seekers”) te bereik.

Maar daar is ’n DERDE GROEP wat my al meer laat wonder: Hulle kan die evangelie hoor, het reeds gehoor, het al die hulpmiddels beskikbaar en word nie vervolg nie ens. Hulle is nie Ateïste nie (wat kies om nie te glo nie), maar hulle gee nie ’n duiwel om nie; hulle “soek” glad niks. Nou lees ek in ‘n artikel wat in Church Leaders verskyn het die nuwe woord wat vir hulle geskep is, is APATEÏSTE.

In die artikel word soos volg verwys na ’n sekere ARIS verslag:  “the challenge to Christianity … does not come from other religions but from a rejection of all forms of organized religion.” “They’re not thinking about religion and rejecting it; they’re not thinking about it at all.”

Verder… “Jonathan Rauch, in an article for the Atlantic Monthly, coined a term to describe his own spiritual condition. When someone asked him about his religion. He was about to say “atheist” when it dawned on him that this wasn’t quite accurate. “I used to call myself an atheist,” he finally responded, “and I still don’t believe in God, but the larger truth is that it has been years since I really cared one way or another. I’m”—and this was when it hit him—“an … apatheist!”

Rauch went on to describe his state as a “disinclination to care all that much about one’s own religion and an even stronger disinclination to care about other people’s.”

He’s not alone.  According to the 2011 Baylor University Religion Survey, 44 percent said they spend no time seeking “eternal wisdom.” And 46 percent told Lifeway Research that they never wonder whether they will go to heaven.

So when it comes to matters related to God, religion or even atheism, millions simply shrug their shoulders and say, “So what?”

Lees gerus die hele artikel by I’m Spiritual but Not Religious—Sound Familiar?  Why the term “seeker” is irrelevant at best and terribly misleading at worst. Read more »

My vraag is nou: Moet die kerk enigsins aandag gee aan mense met hierdie gesindheid?

Lyk vir my, hulle wil nie hoor nie!

Moenie dus nie te veel van  jou tyd (en hulle tyd) mors nie. 

Of wat sê jy?

2 responses to “Apateïsme: ’n Nuwe term vir … “So what?”

  1. Hermanus (Manie)

    The saying is that Atheism is a non-prophet organization! Apatheism is reflecting an even more don´t care attitude. It is really a seemingly passive way of ignoring God or serious thought about Him. Amazing how the human mind can belief it´s own making, the idol of God doesn´t matter… This is the state of complacency found in much of Europe.
    Seeing that this lazy espiritual conclusion was brought about by sterile Christian witness and religious stereotypes we at least have the moral responsibility to actively show the real life with Christ that makes all the difference.

  2. Alida van Deventer

    Is die woord “Apateis” dalk wat Jesus bedoel het met “Lou”?
    Mens wens jy kan hulle bietjie laat wakker skrik. Maar as hulle gedermineerd is om so te bly, moet mens hulle dan net uitlos om te stol?
    Of moet ons vir hulle bid en aan die Heilige gees oorlaat om hulle wakker te laat word?
    Ek sal maar aanhou probeer. ‘n Mooi uitdrukking wat ek eenmaal gehoor het vir evangelisasie is: “A nudge Godward”. Ek wil maar nie opgee nie, maar besef ook dat ek waarskynlik maar net een van die baie skakels kan wees in ‘n ketting van “nudges” wat iemand in die regte rigting kry.
    Groete,
    Alida van Deventer