Otto Koning se pynappelstories

Otto Koning se pynappelstories

(Met dank ontvang van Daniël Louw wat ook hierdie artikel geskryf het)

Wanneer Otto Koning se naam genoem word, begin almal wat hom al gehoor praat het, glimlag. Hulle glimlag nie vir Otto nie, maar vir hulle eie menslike natuur waarvoor hy die wonderbaarlike gawe gekry het om op baie humoristiese wyse te openbaar.

Otto en sy vrou Carol het na Irian Jaya (Papoea Nieu Guinee) gegaan om sendelinge te wees. Daar het hy vrugte probeer plant en al wat wou groei was pynappels. Die inboorlinge was egter kroniese diewe wat alles gesteel het, insluitende die pynappels. Hy het daarom nooit van sy eie pynappels geëet nie, want dit is gesteel nog voor dit ryp geword het. Dit het hom grensloos geïrriteer het, só dat hy slapelose nagte gehad het oor die pynappels en dit het selfs sy gesondheid aangetas.

Tydens ‘n tuisbesoek het hy ‘n basiese jeug konflik seminaar bygewoon en die “geheime” geleer om oorwinnaar te word van sy toorn. Hy sou sy pynappels vir God moes gee. Dit het vir hom gevoel of ‘n groot las van sy skouers af val, maar dit was aanvanklik nie so maklik nie. Op die ou einde het hy dit tog reggekry. Die inboorlinge het opgemerk dat daar ‘n duidelike verskil was in Otto se gedrag en hulle het verbaas gesê: “Tuan (meneer), jy het ‘n Christen geword!”

Hierdie kragtige stories van sy lewe in die sendingveld en sy lewe in die Verenigde State is klassieke verduidelikings van hoe mens die beginsels van God se manier van lewe moet toepas.

Die pynappelstories is ‘n reeks van 15 stories:

  1. The Pineapple Story
  2. God’s Grade School
  3. From Failure to Victory
  4. The Hitchhiking Story
  5. Living in God’s Compound
  6. God Enjoys the Impossible
  7. Divine Apointments
  8. Miracles in the Jungle
  9. The Surprising Ways of God
  10. A Widow Who Becomes a Channel
  11. The Snake Story
  12. The Weapon of Rejoicing
  13. The Weapon of Prayer
  14. The Weapon of Love
  15. The Weapons of Our Warfare

Lees die volledige artikel hier…  http://glodiebybel.co.za/component/content/article/843-otto-koning-se-pynappelstories.html

koning_winning_the_race_without_the_weight_of_pineapples

  • Google “Otto Koning pineapple story” deur op die Foto links (of HIER te klik)
  • Om die eerste video van hierdie reeks te kyk, klik op  The Pineapple Story
  • Om hierdie stories in MP3-formaat af te laai, kliek HIER.

As jou moed in jou skoene sak omdat dit in MP3-formaat is, beteken dit jou karradio kan nie geheuestokkies (USB) lees nie. Koop vir jou ‘n karradio wat geheuestokkies kan lees. Dit is een van die beste beleggings wat jy kan maak vir jou geestelike lewe. Dan gaan jy ewe skielik baie tyd hê om ook ander preke en die Bybel te luister.

 

Comments are closed.