BELEGGINGSHULP VIR DIE AFTREEVOORSIENING VAN SENDELINGE (BAS)

Ek kom gereeld met sendelinge in kontak wat ouer word, naby aftrede begin kom of net eenvoudig hulle sendingbediening moet staak. (Soms dwing die ou liggaam en sy skete mense wat nog sou wou aangaan om uiteindelik ook handdoek in te gooi)… maar hulle kan net nie, want daar is nie voldoende voorsiening vir die oudag.

In navorsing wat in 2010-11 gedoen is oor die voorsiening van sendelinge se finansiële behoeftes, is die volgende inligting uit terugrespons van 136 sendelinge ontvang (Visser:2011)[1]

  • Mediese uitgawes: 26% het aangedui dat hulle geen voorsiening vir medies het nie.
  • Aftrede: 32% (byna een derde) het aangedui dat hulle geen voorsiening vir aftrede het nie.
  • Verblyf na Aftrede: 36% het aangedui dat daar groot onsekerheid bestaan as hulle die dag moet aftree oor waar hulle (bekostigbaar) kan gaan bly.

[1]  Visser, Chris. 2011. Die Oorlog van die Woedende Draak teen die Vrou. Pretoria: Vissers vir Christus.

As jy meer hieroor wil lees, gaan na

BELEGGINGSHULP VIR DIE AFTREEVOORSIENING VAN SENDELINGE

 

Comments are closed.