Verdien ‘n Gratis Bonus-Geskenk as jy hiermee help

KORT ANONIEME VRAELYS OOR MENSE SE KENNIS VAN BYBEL EN GELOOFSAKE

Ons lees in Hand. 8:26-34 van die man van Etiopië wat wel die Bybel lees, maar dit nie verstaan nie. Hierdie kort navorsing daaroor wil kyk hoedanig mense die Bybel regtig lees en verstaan. Ek wil die inligting graag ook verwerk en in my nuwe boek opneem.
HELP ASSEBLIEF HIERMEE: Vra die vrae aan IEMAND ANDERS met wie jy kontak het, voltooi die vraelys daarna en stuur die respons terug aan my. Hoe groter die verskeidenheid, hoe beter. BAIE DANKIE!

Jy verdien die volgende Gratis Bonus-Geskenk as jy hiermee help

Wanneer jy ten minste één Vraelys (Die respons van IEMAND ANDERS) ingestuur het, onderneem ek om my nuutste boek “Die Hoofboodskap van die Bybel… Gehoorsaam dit!” met talle Inligting en praktiese Hulpmiddels vir die bediening en vir jou geestelike lewe as eBoek GRATIS aan jou te stuur wanneer dit DV in 2015 voltooi sal wees.

Inhoud van die Vraelys:

Jy kan die Vraelys AFLAAI EN UITDRUK en tydens jou gesprek met IEMAND ANDERS per HAND VOLTOOI. Laai die Vraelys af deur hier te klik:
Om die Vraelys op die Internet NA JOU ONDERHOUD MET IEMAND ANDERS te voltooi, klik op (https://www.surveymonkey.com/s/KKPYHYP).

Jy kan die voltooide Vraelys egter ook na voltooiing vir my Faks, Scan en epos of pos. (Adresbesonderhede is op die Vraelys wat jy kan aflaai).

Baie Dankie vir jou hulp,

Chris Visser
Vissers vir Christus (saam met Koninkryksfokus)
082-9269364

Comments are closed.