Vissers vir Christus: ‘n Getuienis oor ons Geldsake

Dis vanjaar 40 jaar gelede dat die Here my uit ‘n Ingenieursberoep na die bediening geroep het. Ek het toe verskillende beloftes gekry dat Hy sou voorsien vir studies, gesin, werk, geld. Hy het al die jare dit wonderbaarlik gedoen!

22 jaar later het die Here ons uit die gemeentebediening geroep om voltyds as sending-mobiliseerders te werk. Toe was die toets eintlik nog groter, want 4 kinders moes nog gaan studeer. Huis, inkomste, motor… Hoe sal ons oorleef?

[As jy belangstel, is jy welkom om ons getuienis daaroor in boekvorm (ook as eBoek) te lees: Chrisjan word ‘n Visserman.]

Die belofte uit 1 Konings 17: 14 was destyds ons enigste sekerheid: “So sê die Here die God van Israel: Die meel in die kruik sal nie opraak nie, en die olie in die kan sal nie minder word nie, totdat die Here laat reën het op die land”. Hy was al die 18 jaar daarna steeds getrou!

‘n Paar individue en gemeentes het ons oor al die jare ondersteun; Dankie vir hulle. Toe twee gemeentes skielik die begin van hierdie jaar hulle steun aan ons beeindig, was ons eerste reaksie die van vrees, maar het ek weer aan daardie belofte gedink. Hy sal enduit getrou bly. Prys die Here!

Comments are closed.