Strengthsfinder kursus aanbeveel

Saam met Koninkryksfokus se nuwe Gawes- en Diensprofiel kursus, wil ons graag vir diegene wat belangstel, die Strengthsfinder kursus sterk aanbeveel as nog ‘n alternatiewe wyse om verder vas te stel wat jou natuurlike talente (jou sterk en swak punte) behels. Die insigte wat jy so gaan kry, verduidelik die unieke wyses waarop jy jou sterk en swakpunte elke dag ervaar, hoe elkeen daarvan die ander beïnvloed en hoe om daarvolgens jou lewe aan te pas en te verbeter om maksimaal suksesvol en effektief te wees in jou lewe en bediening.

Strengthsfinder  is ‘n internet gebasseerde kursus (jy registreer en voltooi dit online) en ontvang dan jou uitslae per epos. Indien so verlang, is ’n persoonlike assistent (personal coach) ook beskikbaar om jou unieke resultate en die toepassing daarvan verder met jou deur te praat en nodige raad te gee (Word ook in Afrikaans telefonies deur WhatsApp of Skype gedoen)

Om die Strengthsfinder vraelys te doen, stuur ‘n epos na  strengthgrowthcoaching@gmail.com.

Vir meer inligting, klik hier vir meer oor Strenghtsfinder

Comments are closed.