VisChris-Persoonlike Nuus vir Mei.

Chris-2008Hallo vriend,

Hêi, dis Mei maand, die Winter van 2015.

Welkom om dit gerus ook Jou maand te maak (Wat ook al jou wens of gebed is vir hierdie wonderlike tyd van ons Geestelike Jaar, die 40 dae na Jesus se Paasopstanding, in afwagting van die Pinkstergebeure wanneer ons die uitstorting van die Heilige Gees weer ’n slag gedenk.)

Hand 1:3 In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die KONINKRYK van God gepraat. Kom ons herinner mekaar om gedurende die tyd ook weer ’n slag nuut te fokus op die dinge van die Koninkryk van God en hoe dit jou lewe raak.

kort opdatering van ons rug-uitdaging.

Rugoperasie; Ja, onvermydelik, geskeduleer DV vir 1 Junie (’n dag voor my verjaarsdag, anders gaan ek seker te oud wees! ! !) Wat? vier werwels: L3-S1 posterior dekompressie en fusie (wat dit ook al beteken).

Dus, as alles volgens menslike planne loop, ’n klomp weke se nie sit, net lê en staan en hopelik weer al gemakliker te begin loop. Na DRIE MAANDE hopelik weer nuut en jonk en mooi, om weer self motor te bestuur en dus weer “normaal” te wees. Dat ek dit in die verlede so as vanselfsprekend kon ervaar…

Gelukkig het ek ’n jong vrou (Sterna hou daarvan as ek haar herinner dat sy altyd jonger as ek gaan wees; darem 4 jaar wat nie te versmaai is onder sulke omstandighede nie)

DUS… ONS PROGRAM VIR MEI.

  • 12-13: Deel Koninkryksfokus se Gawes-kursus met ’n paar leraars in Centurion (welkom as jy ook wil kom inloer; Laat my net vroegtydig weet)
  • 22-24: Pinkster in Jeffreysbaai: Opleiding van Gawe-kursus vir gemeente-groepfasiliteerders; Preek op Pinkstersondag
  • 31: Preek in Sesmylspruit asook insameling van Geloofsoffers. (Die middag 12:00 moet ek aanmeld by Unitas hospitaal vir operasie die volgende dag.

Ag, dink tog aan die arme drommel; Is nie, ek is nie bang of kleinserig nie!

Ek probeer verder elke oop tydjie gebruik om my boek oor “Hoofboodskap van die Bybel” af te rond; dan nog voorberei vir die hospitaal en die bed-kluistering as ek weer tuis kom. (En my strek- en rugspier-oefeninge ook nog gereeld te doen).

Dis ongeveer dit!

DANKIE, DAT JY VIR ONS BID… DAT ONS HEER OOK DAARDEUR VERHEERLIK SAL WORD.

Chris Visser, 082-9269364

2 responses to “VisChris-Persoonlike Nuus vir Mei.

  1. Joyce "Fouche

    Voorspoed met die operasie. Ek bid dat dit ‘n groot sukses sal wees en sterkte met die laaaang herstel periode.

  2. Piet du Toit

    Daar is net sekere rugprobleme wat jou in n rystoel sal laat beland as jy dit NIE laat doen nie. So sterkte met die operasie. Ek neem aan jy is by n betroubare ortopeet of neurochirurg. Die res is in Vader se hande.