VisChris:- Persoonlike nuus; Bid asb. vir ons!

 

Gawe-kursus – OpLeidingGawes-buiteblad

OPWINDEND! Ons is die naweek in Jeffreysbaai met Opleiding van die Gawe-kursus vir 60 Groepfasiliteerders. Hulle gaan dit dan in kleingroepe vir die volgende 40 dae hanteer. Sal dit nie wonderlik wees as meer en meer lidmate aktief gaan raak in God se Koninkryk volgens hulle unieke Gawes en Diensprofiele nie.

Sondag se prediking gaan lidmate daartoe uitdaag.

RUG-OPERASIE

Soos die Here wil, net na ‘n lekker Sendingdiens in Sesmylspruit op Sondag 31 Mei, gaan die uwe inboek by Unitas vir ‘n Rugoperasie die volgende dag. Dink asb. aan die outjie vir die volgende DRIE maande (hulle sê dis hoelank mens herstel). Ek hanteer dit maar as ‘n SABBATICAL (Baie tyd om te dink en Bid!).

 

DANKIE, DAT JY VIR ONS BID… DAT ONS HEER OOK DAARDEUR VERHEERLIK SAL WORD.

Chris Visser, 082-9269364

5 responses to “VisChris:- Persoonlike nuus; Bid asb. vir ons!

  1. Dit klink sommer na ‘n gawe kursus, daai gawe-kursus, Chris. Vir seker sal God sorg dat dit vrugte dra!
    Baie sterkte vir jou rug operasie. En ja, drie maande gaan gou verby, maar lank genoeg vir ‘n stukkie sabbat!

  2. PETRUS MOOLMAN

    Baie sterkte met die operasie. Sal aan jou dink in ons gebede. Petrus Moolman

  3. Francois G

    Sterkte liewe Chris. Ons bid vir jou. Francois G & Mimmie

  4. Ek praat nie so baie hier op jou muur nie Chris maar ek lees en jy bly op my gebedslys

  5. Chris jy is optimisties, gee jouself 12 maande voordat jy weer normaal funksioneer. Baie sterkte met die operasie, ek vertrou dat dit suksesvol sal wees en dink aan jou.