Die Alpha-kursus

Die ALPHA-Kursus: Aangesien ek baie tyd op my rug deurbring (na rugoperasie), tyd het vir dink en bid en navors, kom ek weer op die bekende Alpha Kursus af; Weet naasteby iets daarvan, maar vir die eerste keer luister en na van die lesings. Veral Sessie 14|: Does God heal today? het my, hier op my rug, nuut gehelp om baie vrae hieroor te verstaan.
http://run.alpha.org/product/3
The definitive version of Alpha
RUN.ALPHA.ORG

One response to “Die Alpha-kursus

  1. Sterkte met jou rehabilitasieproses Chris.

    Ons het wonderlike kursusse en onverbeterlike teologiese opleiding maar as dit by die toepassing kom, verkies byna elkeen om eerder aan te gaan met ons alledaagse take en die “hoëre dinge” aan die dominees oor te laat. Hierdie onbybelse benaming dui ook dan sommer gerieflikheidshalwe aan dat hulle die dominante voortou moet neem en dat dit eintlik net hulle is wat gekwalifiseerd is om die werk te doen. So ondermyn die vyand die Ekklesia met sy slinkse leuens wat ons as die waarheid glo.

    My gevoel is dat hierdie bediening een van die enkeles is wat op die regte spoor is wat die mobilisering van die Liggaam van Christus betref om sy werk te doen: http://theophostic.co.za/info/theophostic-prayer-ministry/

    Groetnis en seënwense,

    Jan