KERK-PRIORITEITE

KERK-PRIORITEITE:

Terwyl ek oor die afgelope week besin (en ou eposse lees waar ek weer op die onderstaande verslag oor ISIS afkom), besef ek skielik: Die vyand is strategies baie slim of slu.

Terwyl gelowiges die afgelope weke so baie aandag aan Belhar en die Gay-debat gegee het, is ISIS besig om die Christelike kerk in die Midde-Ooste stelselmatig en met ‘n hernude aanslag uit te wis – erger as sedert die tyd van Mohammed.

Ons broers en susters in Irak en Sirië en elders word in groot getalle vermoor of uit hulle lande weggejaag… en ons is besig met Belhar en die Gay-debat.

(Ek bely dat ek een van die is wie se aandag afgetrek is van wat tans baie groter prioriteit in my gebede en tyd moes wees)

http://incontextministries.org/images/IS-SpecialReport.pdf

4 responses to “KERK-PRIORITEITE

  1. Mike, Jy het geskryf: “Sou jy dus van mening wees dat die aanslag van die vyand, deur homoseksualisme nie meer as sonde te klassifiseer deur sommige kerke, nie belangrik is nie?”
    My reaksie, behalwe my stelling oor my oortuiging van ‘Prioriteite’:
    Die debat oor Homoseks is natuurlik belangrik en is die afgelope weke so van alle kante gedoen (jy kan my eie deelname daaraan op my FB blad gaan kyk). Behalwe my eie standpunt daaroor (van ’n selibaat leefwyse vir almal, ongeag), het ek met die debat tot die ontstellende besef gekom van geweldige persoonlike aanvalle en totale liefdeloosheid en speel van die man i.p.v. die saak in die debat onder “sogenaamde” Christene. Ek skryf doelbewus “sogenaamd” omdat van die reaksies wat ek gelees het, totaal nie te rym is met ‘n Christelike wyse van benadering nie.
    Die standpunt wat jy blykbaar ook sonder meer maak (homoseksualisme = sonde) is net nie so eenvoudig nie en kan net nie so veralgemeen word nie. Ek het in my bediening te veel werklik onverklaarbare gevalle ontmoet (dikwels binne baie gelowige gesinne en selfs vriende wat ek goed ken), waarop ek net besef het dit is baie meer gekompliseerd as wat ek ook destyds sommer net met ’n teksversie sou afmaak.
    ’n Toetsvraag ook vir jou: As jou eie kind of broer vir jou kom bekendmaak “ek is H” (of is dit onmoontlik?), sal jy ook konsekwent hom so maklik veroordeel as sondig en hel toe stuur… ok en hoe dan verder help? Ek is oortuig daar is baie meer ander faktore en kontekste wat mens hier in ag moet neem.

  2. Sou jy dus van mening wees dat die aanslag van die vyand, deur homoseksualisme nie meer as sonde te klassifiseer deur sommige kerke, nie belangrik is nie?

  3. Justus Potgieter

    “If the world hates you, remember that it hated me first” – John 15:18