Rugoperasie: Lewenslesse en Humorervarings No 3

20150615_13342320150615_133430Wat het die operasie behels? Kortliks; ‘n hele klomp ekstra metaalwerk. Kyk gerus na die fotos.

En nou, na 6 weke: Sjoe. Baie goeie nuus by ons. Die week die eerste opvolgbesoek aan dokters na 6 weke. Al die dokterrs is tevrede. Xstale wys rug-fusie het goed gevat. Ek kan kort tye begin sit en ekstra oefeninge gekry om doen. My rugstut is ook verkort. My vrou Sterna was uitstekend met al die hulp by die huis, ryery en ondersteuning. Dankie ook vir baie vriende wat ondersteun het.

‘n Paar Terugblik-ervarings:

1) Die eerste nag in die Hoë Sorg: Seker die hoogste laagtepunt in my hele lewe. Vreeslike gevoel van eensaamheid wat my oorspoel: sal ek ooit weer normaal kan loop? Was die operasie nie ‘n fout nie? Intense pyn (tsv “my beste vriend” – die morfienpompie wat ek kon pomp vir pyn en waarmee ek my nie kan oordoseer nie, maar wat na ‘n paar minute leeg is – en ek pomp en pomp en …pomp!)

2) Hoë Lawaai agtergrond by Hoë Sorg: Die hoofsaaklik swart personeel praat onophoudelik onder mekaar (nie sag nie en in geen verstaanbare taal nie). Enkeles van hulle is baie hulpvaardig. Ander kuier meer oral rond en is altyd elders besig (my belewenis). Alarms wat voortdurend kla: Etlike Pasiënt-klokkies (want selde stilgemaak word); Drup-alarms (elke pasiënt het verskeie druppe op en sodra een leeg is, kla die hoogs-tegnologies gevorderde alarm vir aandag, maar personeel reageer min daarvolgens.

3) ‘n Aantal “mallerige” pasient-voorvalle (dalk die narkose-na-effekte?) Een gil verskeie kere kliphard “Help, help; die ding gaan my vang”; ‘n Ou tannie in bed langs myne: “Eina, eina”; Sy word later opgehelp en “gedwing” om in ‘n stoel  te sit; sy sit nog so en kla, toe val sy vooroor van die stoel op die grond… en toe “spark” almal!  ‘n Harde manstem wat die hele nag kliphard praat-skreeu. Dit blyk dat hy eerder in verstandelik-gestremde inrigting moes wees, want die volgende dag gaan dit voort; skielik ‘n gegil en personeel praat woes en almal hardloop soontoe. Ek, die arme pasiënt kan nie my kop oplig en moet geduldig verduur en uithou! “Wat gaan aan?” Die man het al sy klere uitgetrek en stap kaal daar rond. (die volgende dag het iets blykbaar nog meer dramaties met hom gebeur)

4) Die dag na die operasie was my verjaarsdag; SMS lui: “2/6 Dit gaan goed! Hy vra net gedurig ys! Siestog! So sy verjaarsdagkoek is net ‘n ysie!” Vandag sou hulle my vroeg terug skuif na die gewone saal, maar dit het toe ure se gewag afgegee. Iets het net altyd voorgeval,en die ysies smaak later so sleg! Die suster wat my uiteindelik gehelp het – het reuse-moeite gedoen; Dankie!

5) “Ek is die kind van ‘n Koning!” So kon ek my aan elke nuwe verpeeglid voorstel en sommer ‘n geestelike gesprek oopsluit; Dit het ook daartoe gelei dat ek meesal uitstekende behandeling in die saal ontvang het vir my weeklange kuier. Aai, om so hulpeloos te lê (ek kon die eerste ruk myself geen duim beweeg of myself lig nie). Meeste personeel, maar veral Given (‘n pragtige toegewyde manlike verpleër) het my soos ‘n prins behandel en versorg; veral die bad in my bed! My MP3-speler (‘n klein mikro-apparaat waarmee ek musiek ens. luister en vasspeld aan my kleed) raak toe weg. Nee, dis nie gesteel nie (ek het regtig ervaar daar was geen stelery nie tsv die persepsie daaroor). Na Given omtrent die hospitaal omgekeer het en tussen alle vuil klere gaan soek is, vind ek die speler: Ek het bo-op dit gelê!

En die aand toe ek my skoene (swart “kroks” wat ek in die hospitaal gebruik het) soek om aan te trek: My dogter se SMS later: “Ja, dis seker VREK snaaks, maar Pa vertel hy soek toe die een aand sy skoene… Nee, sê die verpleër, hy’t sommer die skoene vir homself gevat! …” Hy’t dit ewe gedwee weer vir my teruggegee.

6) As slegs ‘n gordyntjie mens skei: Die oom langsaan is ‘n nuwe pasient, bangerig en oorweeg dit om kop uit te trek Sy besoekers, gelowige mense, bemoedig hom en bid uiteindelik saam. Ek hoor alles. My kant, begin my derms weer werk na die operasie en ‘n klomp medikasie om dit aan te help. Geen beheer daaroor kom daardie selfde tyd die winde en klipharde poepe uit my maag een na die ander. Wat kon ek doen?

7) Uiteinde3lik tuis, maar nie sonder drama. My dogter Eslé gaan haal vir Sterna tuis en kom my dan haal met hulle outomatiese Landrover. Haar SMS sê alles: “Toe ek na Mamma gaan om haar op te laai met die Landrover, sit ek die kar nie in P park nie en ry die hele hek om!! Sug! Die handy man Oom is darem nou daar… Pa is in sy bed, tuis!” Die genade van die Heer was ook daaroor en alles het enduit goed afgeloop. Prys die Heer!

 

 

Comments are closed.