Monthly Archives: August 2015

Vissers vir Christus – Koninkryksfokus Nuusbrief – 25 Aug. 2015

Vissers vir Christus – Koninkryksfokus

Nuusbrief – 25 Aug. 2015

Na ’n redelike lang onderbreking weens ’n rugoperasie is ek weer in staat om die wêreld regop en vierkantig in die oë te kyk. Drie maande is ’n lang tyd om uit sirkulasie te wees (dit voel of my hele jaar weggevee is).

Al die dokters wat na die 3 maande-na-operasie X-stale moes kyk, het tevrede geklink en my gelukgewens dat alles pragtig aangegroei het (asof ekself nou enige iets daartoe kon bydra). Goed, Sterna, my kwaai vrou behoort darem wel erkenning te kry. Sy het my oral ondersteun en dopgehou dat ek binne die reëls bly.

Dankie vir almal se eposse, wat-toeps, oproepe en besoeke. Dankie, vir kosbare gebede. God kry al die eer!

Tyd vir besinning:

Die lang “rustyd” was nogal ’n tyd van diep besinning. Tyd om te lees, luister, dink en bid; evalueer oor die sin van baie goed: ’n ou se bediening en waarop daar gefokus word; self en in die kerk waarvan ons deel is.

Vrae wat ek moes vra:

  • Waarom groei die kerk so “agteruit”? (dis mos geen geheim nie!)
  • Is dit wat ons (en ekself) doen, ook dit wat die Here van ons verwag?
  • Die toekoms: Ons, Suid-Afrika en die wêreld (polities, ekonomies) en veral die plek van God se Koninkryk binne dit alles.
  • Islam (veral as mens na die Midde-Ooste kyk en na die berigte oor ISIS dink)

’n Paar boeke wat ek deurgewerk het, het my sterk aangespreek:

  • A Wind in the house of Islam (David Garrison)
  • Miraculous Movements (Jerry Trousdale)
  • Killing Christians (Tom Doyle)
  • Are you a Christian or a Disciple? (Dr. Ed Gross)
  • Contagious Disciplemaking (David and Paul Watson)

Antwoorde wat my nuut getref het:

  • Meer tyd met God; Gebed. (Die oes bly groot; die Arbeiders word steeds minder; Bid dan die Here van die oes!)
  • Die Groot Opdrag: Ja, Jesus het sy dissipels ook uitgestuur: “Gaan verkondig!” (Mat 10:7), MAAR… die “Groot Opdrag” bly egter… “Dissipelskap!”
  • “Verkondiging” bly die enigste en hoof-strategie van die meeste kerke vandag en die kerk skiet vêr tekort wat toerusting tot dissipelskap betref.
  • Ek word nie oortuig deur die mooi-klinkende Missionale- of Gestuurde-gemeente konsep wat deur vele gemeentes aangehang word, maar waarvan die praktyk slegs “teorie” bly.

My eie pad vorentoe?

  • Buite die kerk? Dis die gefrustreerde raad van baie; Nee! Dit mag nie; Dit moet nie!
  • Binne die kerk: Hoe? Beslis ’n nuwe bedieningsfokus naamlik die bewusmaking en ontginning van Dissipelskap binne die kerk. Alleen dit (vermenigvuldiging) kan die kerk bring by die finalisering van ons getuienistaak aan alle nasies. Dit werk vandag uitstekend veral onder Moslem-gemeenskappe.
  • Ek is steeds besig met my boek: “Die hoofboodskap van die Bybel is…” Die Dissipelskap-opdrag word hierin sterk uitgewerk asook hoe om dit prakties te doen. Ek leer steeds elke dag meer.

Ek wil die res van my bedieningstyd meer hierop fokus en antwoorde daarvoor soek. As ons saam kan soek en werk, kontak my gerus!

My Program vorentoe:

  • Sjoe, my eerste blootstelling “na buite” was omtrent ’n “bang”! Eg Gross se Dissipelskap werkswinkel verlede naweek. Die man is so besield en passievol dat hy nie agterkom hoe hy uur na uur sonder onderbreking voortgaan nie. Maar… Ek was baie lank laas so uitgedaag. Kry en lees sy boek: “Are you a Christian or a Disciple? Laai ’n kort video van die inleidende lesing hier af.
  • NGK Wonderboompoort – 20 jaar van Sending: Dit was heerlik om hulle program by te woon; Baie staatmakers wat ons 20 jaar terug saam met World Thrust help vorm het, is steeds op hulle pos (net almal ook ouer). Ek gaan DV Sondag die Sendingboodskap lewer en die Geloofsofferverbintenis weer instel.
  • Koninkryksfokus: Ons is steeds in 2016 beskikbaar om te help met gemeentes se visie-vorming en begeleiding van hulle praktiese strategieë. Kontak ons gerus daarvoor.

 

GREAT QUOTES ON THE GREAT COMMISSION

GRAPHIC: Great Quotes on the Great Commission

Source: GMI Missiographics

While most of us can recite the famous words of the Great Commission, it’s another thing to walk faithfully in them. Take a moment to look at the Great Commission in light of these powerful words and be encouraged in your outreach.

Great Quotes on the Great Commission includes 17 quotations are all included in the book Expect Great Things: Mission Quotes that Inform and Inspire, compiled by Marvin J. Newell.

» Access full-size graphic in several formats and read some thoughts about how to use it, then browse the Missiographics library or subscribe to receive Missiographics by email.

Testimonies from the field about encounters with Jesus

Missions Catalyst News Briefs 8.19.15

  1. EAST AFRICA: Muslim Imam Risks Life to Become Christian
  2. TURKEY: Kurdish Pilgrim Touched by Jesus in Mecca
  3. CENTRAL ASIA: Thirsty for God’s Word
  4. ALGERIA: “No Competition” between Churches

View this email in your browser