Waarom groei die kerk nie: Gebrek aan Dissipelskap!

Waarom GROEI die kerk so min?

Daar was heelwat reaksie daarop per epos, sowel as kommentaar op FB asook hieronder (8 Comments). Ek weerhou my daarvan om hierop te reageer behalwe om opsommend op te merk dat meeste meen “die kerk” (wie is dit?) is nie ernstig of toegewyd genoeg nie, bid en doen te min, of die kerkleiers se passie, geloof en dwalende leerstellings moet die skuld dra. Meeste veralgemeen totaal en dui as rede aan: “hulle” moet die skuld dra!

Instussen het EEN saak my die laaste ruk opnuut aangegryp: DISSIPELSKAP! Is dit nie die regtige fokuspunt van die “Groot Opdrag” van die Here Jesus nie (lees weer Mat 28:19).

Hoe anders gaan ons die onbereikte wêreld bereik as deur “vermenigvuldiging” (dissipelskap) eerder as deur  ons huidige patroon van “byvoeging” (kerkstigting). Lees bv. David en Paul Watson se boek “Contagious Disciple Making” [Hier is nie nou ruimte om die betekenisse van hierdie woorde te definieer of daaroor te argumenteer nie].

Meer merkwaardig, in ‘n tyd waarin ons geskok is oor die groei van Islam en die bedreiging van ISIS, lees ons verslae van geweldige bekeringsgroei dmv DDM (Disciple Making Movements) met groot vrug, juis onder Moslems (Lees gerus boeke soos: “A wind in the house of Islam” (David Garrison), “Miraculous Movements – How hundreds of thousands of Muslims fall in love with Christ” (Jerry Trousdale), “Dreams and Visions” (Tom Doyle).

Dawie Mulder (NGK Rooihuiskraal) het juis nou my belangstelling hierin bevestig deur die boek van Dr Ed Gross “Are you a Christian or a Disciple?” weer onder my aandag te bring. Sedert ek dit begin lees het, besef ek net al meer… Daar is geen ander alternatief vir die kerk om ‘n werklike impak op die wêreld te maak nie. BESTEL GERUS DIE BOEK SELF BY DIE SKRYWER EN LEES DIT HIER! Hy bied dit GRATIS aan!

4 responses to “Waarom groei die kerk nie: Gebrek aan Dissipelskap!

  1. Oebie Jackson

    Behalwe vir die verval wat reeds lankal voorspel is en sonder om mekaar of iemand die skuld te gee (waarvoor moet daar altyd skuld wees), moet ons ook die mode in gedagte hou. Daar was ‘n tyd toe dit mode was om kerk toe te gaan en selfs polities korrek was om aan die kerk te behoort.

    Miskien is die Kerk van Christus baie kleiner as wat ons dink. In elkgeval kleiner in getalle as wat die name op ons boeke aandui.

  2. Jan van wyk

    My mening is soos dit wat 2Tim 3: 1-5 se ons mensdom is meer liefhebbers van hulself as liefhebbers van GOD maar ons moet net aanhou om die evangelie te verkondig en moet bly wees soos Psm 97 se.

  3. Chris Steenkamp

    Daar mag selfs baie selfs dissipels wees , maar ‘n groot tekort aan dissipelmakers

  4. Definitief dissipelskap. Ons as organisasie sien groot grooi in verskeie “moeilike” plekke van die wereld deur DMM/CPM. Nie net getalle nie, maar ook diepte. Diepte en vermenigvuldiging lei tot verdere groeie. Iets wat die gevestigte Kerk in die Weste tot ‘n groot mate verloor het, is die Priesterskap van alle gelowiges. Garrison et al en ons ook het gevind dat waar “leke” (verpes daai woord, nie in Bybel nie) toegelaat word om Bybelstudie groepies te lei, bekeerlinge te doop, nagmaal te bedien; en waar kerkgeboue nie ‘n voorvereiste vir aanbidding is nie, groeie die Evangelie die vinningste. Die Kerk moet ondersoek hoe om meer organisme te word as organisasie.