God se Diamant skitter voort!

Uiteindelik!

Na drie jaar se navorsing en skrywe, verander en herskik (sjoe, boekskryf is harde werk) iDiamant-Voorblad1s die boek oor die HOOFBOODSKAP VAN DIE BYBEL  uiteindelik reg vir publikasie.

Titel van die boek:

GOD SE DIAMANT SKITTER VOORT! Die hoofboodskap van die Bybel vir vandag.

Die boek wil mens opnuut laat nadink oor die hoofboodskap van die Bybel; Of ons regtig seker is wat  God in Sy Woord vir ons wil sê. Of ons dit enigsins reg verstaan, maar boweal of ons dit in die praktyk gehoorsaam en uitleef.
Die boek besin daaroor en daag mens uit om dit te doen – as gelowiges of as gemeente.

Maar meer belangrik: Hoe? Die boek bied ’n onuitputlike bron van hulpmiddels daarvoor.

Die boek sal binnekort beskikbaar wees as HARDE KOPIE @ R120 (plus aflewering) en kan bestel word by  Boekwinkel, of Groep7 Drukkers  (Navrae by epos@groep7.co.za)

Die Beter Nuus: DIE BOEK SAL OOK AS EBOEK BESKIKBAAR WEES

God se Diamant skitter voort : Die hoofboodskap van die Bybel vir vandag. Natuurlik: Die “onuitputlike bron van hulpmiddels” is slegs interaktief in die eBoek weergawe. Die Skakel om die eBoek te bestel, sal binnekort beskikbaar wees. Vir ‘n voorlopige aanduiding dat jy belangstel om dit aan te skaf of vir enige navrae, stuur ‘n epos na vischris@telkomsa.net of kontak die skrywer by T: 27-82-9269364
Koninkryksgroete,

VisChris

 

 

3 responses to “God se Diamant skitter voort!

  1. Tom Saayman

    Hallo Chris, ek sal beslis die boek vir my kry.

  2. Veels geluk, Chris. Ek kan nie wag om die boek te lees nie.
    Liefde, Hendrik

  3. Dankie Chris vir die harde werk.

    Saai die Saad – dit sal nie leeg terug kom na jou toe nie.

    Ek stel beslis belang in die e-boek.

    DANKIE! Gawi.