God se Diamant skitter voort – Die hoofboodskap van die Bybel vir vandag

Diamant-BuitebladWat prof. Adrio König oor die boek sê:

“Die Bybel is ‘n versameling geskrifte wat oor ‘n paar eeue geskryf is. Die mense het nie mekaar geken en onderling beplan wat en hoe om te skryf nie. Dit beteken van buite gesien is die Bybel ‘n deurmekaarspul. Mense verloor maklik koers in die Bybel en beland in dryfsand. Dis geskiedenis, digwerk, wysheid, briewe. Hoe kry ‘n mens ‘n greep op die Bybel?

Chris lees die Bybel nie van gister af nie. En hy lees nie die Bybel los en vas nie. Hy het raakgesien dat daar merkwaardige lyne deur die Bybel loop, sentrale sake wat oor en oor voorkom. Hy haak nie vas aan een of twee snaaksighede nie. Wat hy hier bied, is betroubare riglyne om jou te help om die Bybel só te lees dat dit jou sinvol aan die Here sal bind en jou lewe sal verryk. Jy sal nie met vreemde dinge weghardloop nie, maar doelgerig hardloop na die wenpaal toe.”

KLIK HIER VIR ‘N GRATIS DEMONSTRASIE VAN DIE EBOEK: GOD SE DIAMANT SKITTER VOORT

Comments are closed.