Himalaya Netwerk: Sondag besoek ons Lindenpark

INLIGTINGSDAG BY NG LINDENPARK OOR WERK IN TIBET:

Hiermee bietjie inligting oor ons aanbieding Sondagoggend by erediens Lindenpark wat ten doel het om die gemeente in te lig oor die werk onder die Tibetaanse Boeddhiste en die werkers daar (Die gemeente ondersteun ‘n werker daar)

Program:

  1. Chris Visser preek en stel sy boek oor Tibet bekend in die gemeente. (Jy kan dit GRATIS as ‘n Kindle boek aflaai; sien onder)
  2. Faan van Rooyen deel oor hulle onlangse besoek in die gebied en sy ontmoeting met die Dalai Lama. Twee werkers wat op pad is om daar te gaan werk, gaan kortliks voorgestel word.
  3. Bettie Loock gaan meer oor die Tibetaanse Boeddhisme en die stand van die werk daar deel.

KOM MAAK GERUS ‘N DRAAI DAAR OF NOOI ONS UIT NA JULLE GEMEENTE/GROEP VIR IETS SOORTGELYKS.

L.W. SONDAG 29 MEI : SPESIALE WêRELDWYE BIDDAG VIR TIBET

Meer inligting oor Sendingwerk in Tibet:

Tibetane is van die mins geëvangeliseerde volke in die wêreld met miskien slegs ses honderd Christene onder ‘n bevolking van ongeveer ses miljoen mense.

Die grootste volksgroepe is Amdo, Lhasa en Kham. ‘n Kleiner groep is die Qianqic.

Meeste van hulle woon in China (Tibet Autonomous Region), Qinghai, Sichuan en Yunnan provinsies. Duisende bly in Indië, Nepal, VSA, Kanada, Bhoetan, Switserland, Taiwan, Engeland, Skandinawië, ens. In Nepal is daar nou verwante volksgroepe met ‘n totale bevolking van 1.9 miljoen mense. Onder hulle is daar 150+ Christene.

Kyk na die video oor Tibet:

Laai GRATIS af – die Boek oor Tibet: Maze between two walls.

Bid vir Tibet:

Vir meer inligting kontak: Bettie Loock <bettie@saawe.org.za>

of Chris Visser, <vischris@telkomsa.net>, 082-9269364

Comments are closed.