Belangrike perspektief wanneer jy vir mense uit ‘n ander kultuur bid (en gesels)

Wanneer ons vir mense wat met sterk idees grootword (veral in meer tradisionele kulture) wil bid, help dit as ons perspektief behou. Dis nie alleen moeilik om te aanvaar dat jy en almal om jou al die jare verkeerd was nie, maar staar jy ook vervolging in die gesig.

Om dit op ‘n manier uit te lig waarmee die meeste van ons beter sal kan identifiseer, kan ons die voorbeeld van ‘Kersfees’ gebruik. As iemand voel dat dit nie Skriftuurlik is om ‘n godsdiens- en geskenkedag van 25 Desember te maak nie, omdat dit die eerste keer tydens Konstantyn se era op 25 Desember (die songod se verjaarsdag) 336 n.C. gevier is, sal hy ook ‘n mate van vervolging van ander Christene af ontvang, afhangende van hoe tradisioneel hulle is. Net so met ‘Paasfees’ en ander latere praktyke dikwels in son en maan godsdiens gewortel. (Jesus Christus, die volmaakte en finale Pasga-/Paaslam, is vir ons geslag. Om dit te onthou het Hy die nagmaal van die Here ingestel, wat oorspronklik ‘n volledige aandete wat die ‘een brood en die beker’ ingesluit het, was.)

In die I-godsdiens is dit net heelwat erger omdat dit die familie se eer raak (meer as om besorg oor die ‘verlore’ lid te wees), wat drastiese stappe vereis om die familie se naam weer te herstel.

Om deur Christus aangetrek te word is egter anders as om bloot van ‘n verkeerde godsdiens of selfs die hel af te vlug.

Mag Hy die aantrekking van ons lewens, besluite en gebede bly.

(Bron: ’n vriend wat ervaring het hoe om met mense van ander kulture te werk)

Comments are closed.