Tragiese nuus van Petra instituut vir Kinderbediening

Indien jy nog nie van die tragiese ongeluk by Petra Instituut (Witrivier) die afgelope week verneem het nie… ‘n kollega in ons finansiële-departement, Dawid Gerber, is oorlede nadat hy gegly en geval het terwyl hy en drie kollegas, ‘n besoekende vriend en drie kinders saam berggeklim het na die hoogste bakenkop in die Laeveld, net bokant die Instituut.

Ons is steeds geskok-verslae en baie hartseer oor die gebeure.

Bid asseblief vir Dawid se familie en verloofde in hierdie tyd en ook vir die personeel van Petra Instituut. Dit is is ‘n groot verlies vir almal.

‘n Roudiens vind Donderdag 11:00 plaas in die NG Kerk Sesmylspruit.

4 responses to “Tragiese nuus van Petra instituut vir Kinderbediening

  1. Dis so hartseer – sterkte vir almal…

  2. Ilse Ceronio

    Dankie vir die bekendmaking. Dis vir ons ook baie hartseer, so ‘n jong mens. Ons gebede gaan uit na die familie en sy verloofde – Ilse Ceronio

  3. Ons in Malawi staan in gebed saam met julle verlies. Mag die vrede van God julle harte bind en julle gedagtes vestig op hoop. Althea Meyer

  4. Ons is baie jammer om te hoor van die ongeluk … maar ons moet glo dat alles ten goede gebeur volgens ons Vader se wil. God se tyd is perfek. Lewe en dood is in Sy hande. Jeremiah 29:11. Hy alleen weet watter tyd is ons reg om huis toe te gaan. Hy sal ook almal vertroos en versterk. Hy alleen kan. Julle ken Hom. Vertrou Hom. Hy sal voorsien. Baie sterkte vir elkeen en almal. Shalom groete.