Preek: Joh 15 Verheerlik God deur baie vrugte te dra

DruiweEk preek e.k.  Sondag in NGK Rietkuil (naby Arnot kragstasie). Wat preek mens so in vakansietyd as mens boonop niks weet van die gemeente se konteks nie? Dan mos maar dit wat tans uit die Skrif tot mens persoonlik spreek.

Die bekende Wingerdstokpreek van Jesus in Joh. 15 gryp my toe weer aan.  Jesus leer sy dissipels dat hulle (en ons) hooftaak is om die Vader te verheerlik (ver-HEER-lik). Hoe? Deur vrugte te dra – Hoeveel? Baie! En dis alleen moontlik deur in Hom te bly. Die rol van die Heilige Gees en gebed staan uit (vgl. v7, 16 asook Joh. 16:23-24).

Veral is dit nodig om raak te sien: Hoeveel vrug? Baie! Maksimaal baie!

Joh 15: 2 het my opnuut getref. “Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie…sny Hy af.” Kwaai né, veral vir diegene van ons wat dikwels voel ons dra so min vrug in God se koninkryk. Dis toe wat ek weer die vertaling daarvan bekyk en op ‘n interessante ander (beter) vertaling afkom. God gee eerder ‘n tweede kans as om dadelik af te sny en weg te gooi!

As jy na my gedagtes daaroor wil kyk, laai dit hier af.

My gebed is dat ek en jy vrug sal dra; meer – baie meer – en God uiteindelik maksimaal sal verHEERlik!

Kyk gerus ook na die volgende plasing oor “Prayerwalking” of Gebedswandeling

Comments are closed.