Sendingvraelys: Bespreking in groepe.

SENDING EVALUERINGSVRAELYS:

Die vraag duik dikwels op of die veronderstelling is dat slegs een persoon per gemeente dit moet voltooi.

Wanneer meer as een per gemeente die Vraelys voltooi, bied dit die voordeel van ’n wyer weergawe van verskillende persone se belewenisse. Dit bied uiteraard ’n beter gemiddelde van die totale prentjie per gemeente, asook die globale prentjie. (Vir gemeentes wat navraag doen, kan ek die gemiddelde resultaat van gemeentes waar ’n groter aantal persone dit voltooi het, se gemiddelde antwoorde aan hulle terug verskaf)

Die ideaal is natuurlik dat tenminste een per gemeente die Vraelys voltooi. Ons sluit die navorsing einde September. Jy kan dit egter steeds hier oopmaak en voltooi. https://madmimi.com/s/7ee898

BESPREKING VAN DIE VRAELYS IN GROEPE:

Daar is gemeentes wat die vraelys afgedruk het en in groepe bespreek het.

Dit open natuurlik ’n hele nuwe geleentheid tot besinning en evaluering van julle gemeente se Sendingprogram en maak beslis nuwe energie los vir aanpassings daar.

As julle daarin belangstel, kan julle die vraelys in Pdf-formaat hier aflaai.

https://files.acrobat.com/a/preview/6863b94f-0efd-469f-b800-9c61607f290b

of met ’n korter skakel (http://tinyurl.com/zku4exl)

Koninkryksgroete,

Comments are closed.