‘n Besondere prediker om in 2017 te gebruik.

Liewe Koninkryksfokus-vriende,

Lees asseblief en laat my weet.

Ek stel bekend: ‘n Besondere prediker/kerkleier, past Larry-San-Pedro1 van Manilla (Filippyne) met ‘n spesialis-bediening van straat-en kinderwerk. Hy het ‘n merkwaardige getuienis van hoe hy agv ‘n alkoholis-pa van die huis gevlug het en as straatkind die Here ontmoet en sy eie kerk begin het. Later sy eie pa gedoop as lidmaat van sy kerk.
Nadat ons hulle in 1999 en 2001 besoek het, voel ons gelei om hom na SA te bring vir kerklike optredes ens. Hy (en ons) het nie fondse vir so ‘n besoek nie. Ons soek kerke en groepe wat belangstel om deel te neem om hom te ontvang en te gebruik binne hulle bediening:
1) Optree-geleenthede: (Sê tussen 24 Feb – 6 Maart 2017)
2) Verblyf (indien nodig daar rondom, vir ‘n dag of twee)
3) Deel van Vlugkoste (Sê 25% van die totaal van ongeveer R20,000)
Kontak my asb. as julle belangstel na vischris@telkomsa.net (082-9269364)

Lees meer daaroor en besoek sy FB profiel om meer oor hom uit te vind.

https://www.facebook.com/groups/KingdomFocusNews/#

One response to “‘n Besondere prediker om in 2017 te gebruik.

  1. Ons jeug is in baie goeie hande. Die Heilige Gees sal hom lei met die regte

    woorde en dade. Shalom!