Monthly Archives: May 2017

PROJEKTE ONDER TIBETANE:

Die Tibetane is van die mins geëvangeliseerde volke in die wêreld met miskien ses honderd Christene onder ‘n bevolking van ongeveer ses miljoen mense.

Die grootste volksgroepe is Amdo, Lhasa en Kham. ‘n Kleiner groep is die Qiangic sprekende Tibetane. Meeste van hulle woon in China – Tibet Autonomous Region, Qinghai, Sichuan en Yunnan provinsies. Duisende bly in Indië, Nepal, VSA, Kanada, Bhoetan, Switserland, Taiwan, Verenigde Koninkryk, Australië, Skandinawië, ens. In Nepal is daar verwante volksgroepe met ‘n totale bevolking van 1.9 miljoen mense. Onder hulle is daar ‘n aantal Christene.

Wil jy dalk van die projekte ondersteun?

  • R10 sal een Tibetaan in staat stel om elke dag vir ’n jaar na ’n halfuur Christen radioprogram te luister.
  • Maandelikse bydrae van R100 of meer sal ’n Suid-Afrikaanse werker help om ’n dissipelmaak beweging onder die Tibetane te bevorder.
  • R40 sal ’n Christenwerker in staat stel om ’n kopie van die Rewa Hope DVD aan te koop wat die storie van die Bybel in Tibetaans van Genesis tot Handelinge vertel.

Vir meer inligting en waar om ‘n Donasie te maak.  Open die Lêer ” Tibet Projekte-2017″

DANKIE DAT JY OMGEE; DATEER ASB. JOU INLIGTING OP.

Dateer asb. jou inligting op.

Vir ons by Koninkryksfokus om beter te kommunikeer met ons lesers, is ons besig om oor te skakel na die MailChimp program.

Om jou besonderhede op ons DATABASIS op te dateer…

…vir opdatering…  klik hier.

******************************************

 

Tegnologie en Internet evangelisasie.

Lees gerus my storie en help my met jou kommentaar.

Ek het altyd belanggestel in die tegnologie en hoe om dit vir die bediening te benut. Ek is baie opgewonde met die nuwe oop deure van Internet en Sosiale Media bediening waarmee ek al meer besig raak. (Jy is welkom om bietjie op my Facebook blaaie en Blog rond te loer en lewer gerus ook kommentaar daaroor. Ek gaan hieronder my “Signature” met kontak-skakels gee as jy daar wil snuffel.)

Nuwe FB Blad TechnologyWise

Ek het onlangs ook ’n FB blad: “Technologywise” begin. Alhoewel dit begin het om ons gemeente (Kerksondermure) se seniors meer touwys te maak op die internet, sien ek dit as ’n geleentheid om die evangelie te deel, veral met die baie Toeps en Bybelstudie materiaal gemik op minder bereikte groepe in geslote lande. (Dis bekend dat die Moslem-groep ISIS baie aktief op die internet en veral WhatsApp is. Baie bekerings vind egter onder hulle neus plaas omdat meer mense toegang tot die Bybel kry via die internet. Ek bedryf lank reeds ’n FB Blad “In Conversation with Islam” gemik op die deurgee van Inligting en Hulpmiddels om met Moslems te deel.

oppas! Die ‘gevare’ van die Tegnologie.

Ek begin al meer besef dat ’n belangrike aspek van die Tegnologiese bedrywigheid is die etiese daarvan. Baie slaggate, waarvan Pornografie een is, maar meer nog die misbruik en verslawing daaraan (as jy belangstel, lees my Plasings op my FB blad (TechnologyWise) daaroor, veral van ene Brad Huddleston se navorsing. Ek wil my dus veral meer daarop ingrawe hoe om mense te begelei om gebalanseerd daarmee om te gaan (ek het self 5 kleinkinders en sien die gevare daarvan).

Ek sal dit dus waardeer as jy kans sien om hierop kommentaar te lewer.

Dankie,

Chris Visser (VisChris)