PROJEKTE ONDER TIBETANE:

Die Tibetane is van die mins geëvangeliseerde volke in die wêreld met miskien ses honderd Christene onder ‘n bevolking van ongeveer ses miljoen mense.

Die grootste volksgroepe is Amdo, Lhasa en Kham. ‘n Kleiner groep is die Qiangic sprekende Tibetane. Meeste van hulle woon in China – Tibet Autonomous Region, Qinghai, Sichuan en Yunnan provinsies. Duisende bly in Indië, Nepal, VSA, Kanada, Bhoetan, Switserland, Taiwan, Verenigde Koninkryk, Australië, Skandinawië, ens. In Nepal is daar verwante volksgroepe met ‘n totale bevolking van 1.9 miljoen mense. Onder hulle is daar ‘n aantal Christene.

Wil jy dalk van die projekte ondersteun?

  • R10 sal een Tibetaan in staat stel om elke dag vir ’n jaar na ’n halfuur Christen radioprogram te luister.
  • Maandelikse bydrae van R100 of meer sal ’n Suid-Afrikaanse werker help om ’n dissipelmaak beweging onder die Tibetane te bevorder.
  • R40 sal ’n Christenwerker in staat stel om ’n kopie van die Rewa Hope DVD aan te koop wat die storie van die Bybel in Tibetaans van Genesis tot Handelinge vertel.

Vir meer inligting en waar om ‘n Donasie te maak.  Open die Lêer ” Tibet Projekte-2017″

2 responses to “PROJEKTE ONDER TIBETANE:

  1. Susan vd berg

    Is daar nie n uitreik waar ons betrokke kan raak nie?

    • Ons beplan ‘n uitreik na Tibet vir 2018.
      Ons het ‘n Dag van Gebed vir Tibet op 23 Julie.
      Kontak ons as ons verdere inligting moet gee.
      Kontak Bettie Loock by