Daily Archives: 2017-08-11

1.Koninkryksfokus se Internet-evangelisasie Projek.

Vorderingsverslag…

Dankie vir almal wat oor die afgelope tyd sedert die projek se afskop betrokke geraak het, of as Medewerker  deur self saam op die Sosiale Media-projek te begin werk, of net te ondersteun deur gebede en donasies.

(MEDEWERKERS WEES: “God het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou” en “As medewerkers van God doen ons ’n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie” – 2 Kor. 5: 18 ; 6:2)

1) Net weer: Die Hoofdoel van ons projek

is die uitbreiding van die Koninkryk van God en die verheerliking van Sy Naam, spesifiek d.m.v. Internet-Evangelisasie via Sosiale Media sover dit op hierdie soort platform moontlik is.

2) Ons Metode:

Ons gebruik prakties die Blog van Koninkryksfokus asook die ooreenstemmende Facebook-Blaaie en ander Sosiale Media kommunikasie deur plasings (posts) of deelname daaraan (“Comments” en “likes”) op die FB Blaaie/Groepe en/of advertensies op FB en Google Ads.

3) Doelwitte:

  • Mobilisering, Motivering en Toerusting van gelowiges vir Evangelisasie/Uitreik op Sosiale Media (oor alle grense heen!)
  • Deel van die Evangelie… veral toegespits op persone wat nog nie met die Evangelie bekend sou wees nie.
  • Dissipelskap: Opvolg/nasorg van persone wat daarop reageer.

4) Wie en Hoe?

Alle gelowiges (ja, jy is veral ook welkom!) Almal wat ‘n GROTER VERSKIL WIL MAAK (Ons leer en wys jou hoe; Volgens jou eie beskikbare tyd; Al wat jy moet doen, is Klik hier om te Registreer en vir meer inligting.

2.Koninkryksfokus Internet-evangelisasie: Ons Platform..

Die Platforms wat ons gebruik..

Die Projek maak eerstens gebruik van ons bestaande Blog: Koninkryksfokus (wat alreeds 32,034 ‘Hits’ of ‘Besoeke’ ontvang het.)

Ons gebruik ook verskeie Facebook Blaaie:

Die Facebook-blaaie is spesiaal vir die doel geskep om ons Internet-evangelisasie Projek verder te voer.  Elke blad het reeds ‘n gevestigde aantal lede of persone wat op die Blaaie geregistreer het deur daar te “join” of dit te “like”.

Hoe om self as medewerker daarop te registreer…

Klik op “Die Facebook-BLAAIE wat ons gebruik” … en Registreer op een (of meer) daarvan deur… op die Naam te Klik en wanneer dit oopmaak, daar op die “Like” of “Join” Knoppie te klik (L.W. Klik ook daar op “follow” en kies “see first” sodat jy al die plasings kan sien – andersins stuur FB net lukraak dit na jou Nuus-kanaal)

3. Koninkryksfokus Internet-evangelisasie: Blad vir Mobilisering:

Blad vir Mobilisering:

Om deel te word van hierdie FB-BLAD, Klik op Koninkryksnuus  (tans met 1283 persone wat hierdie Blad ‘Like’ en dus ook so reeds ‘Medewerkers’ is)

L.W. Waaroor gaan ’n Blad? Kyk op die Blad se “About”-Afdeling waar dit verduidelik: “Ons verskaf inligting en hulpmiddels om gelowiges te Mobiliseer vir die Koninkryk van God / We Mobilize believers for the Kingdom of Jesus Christ )

*Also “join” our Working Group: Koninkryksfokus – Kingdom Focus (tans met 1603 “members”)