1.Koninkryksfokus se Internet-evangelisasie Projek.

Vorderingsverslag…

Dankie vir almal wat oor die afgelope tyd sedert die projek se afskop betrokke geraak het, of as Medewerker  deur self saam op die Sosiale Media-projek te begin werk, of net te ondersteun deur gebede en donasies.

(MEDEWERKERS WEES: “God het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou” en “As medewerkers van God doen ons ’n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie” – 2 Kor. 5: 18 ; 6:2)

1) Net weer: Die Hoofdoel van ons projek

is die uitbreiding van die Koninkryk van God en die verheerliking van Sy Naam, spesifiek d.m.v. Internet-Evangelisasie via Sosiale Media sover dit op hierdie soort platform moontlik is.

2) Ons Metode:

Ons gebruik prakties die Blog van Koninkryksfokus asook die ooreenstemmende Facebook-Blaaie en ander Sosiale Media kommunikasie deur plasings (posts) of deelname daaraan (“Comments” en “likes”) op die FB Blaaie/Groepe en/of advertensies op FB en Google Ads.

3) Doelwitte:

  • Mobilisering, Motivering en Toerusting van gelowiges vir Evangelisasie/Uitreik op Sosiale Media (oor alle grense heen!)
  • Deel van die Evangelie… veral toegespits op persone wat nog nie met die Evangelie bekend sou wees nie.
  • Dissipelskap: Opvolg/nasorg van persone wat daarop reageer.

4) Wie en Hoe?

Alle gelowiges (ja, jy is veral ook welkom!) Almal wat ‘n GROTER VERSKIL WIL MAAK (Ons leer en wys jou hoe; Volgens jou eie beskikbare tyd; Al wat jy moet doen, is Klik hier om te Registreer en vir meer inligting.

Comments are closed.