Vissers – Meer Persoonlike Nuus

DANKIE!

Net eers weer ‘n baie GROOT DANKIE vir almal se ondersteuning in wat ons probeer doen. Dankie vir elke Donasie en bemoedigende Sms, epos of WhatsApp.

Ek is veral geweldig opgewonde en entoesiasties in wat tans gebeur met die Internet-evangelisasie projek. Dit bloei absoluut en meer en meer Medewerkers kom by. Dink net hoe geweldig groot is die oop kanaal om met mense wat dalk nog nooit die Evangelie (verstaanbaar) gehoor het nie, dit op hulle eie plekkie te lees (en na videos te luister)… sonder vrees dat iemand hulle kan uitvang en vervolg. Die moontlikhede is geweldig uitdagend groot.

Al kan jy nie self deelneem nie… BID ASSEBLIEF DAARVOOR.

Mobilisering- en preekgeleenthede.

Dis altyd ‘n voorreg om by ‘n gemeente of Groep meer persoonlik betrokke te wees.  Ons was die afgelope tyd betrokke saam met die Uitreik-leiers van die gemeente Jubilaté (Benoni) en preek volgende Sondag daar by ‘n Sending-diens waar ook die Geloofsoffer-verbintenis vir hulle Sendelinge ingestel gaan word. BID ASB OOK DAARVOOR!

Comments are closed.