Projek KuberWêreld Verslag — Augustus 2017

Ek deel graag hierdie verslag “Projek KuberWêreld” van Elmer Grobler oor hulle mooi Internet Evangelisasie-bediening.  Ons by Koninkryksfokus het besluit om saam met hulle hande te vat in die poging, omdat ons immers dieselfde doel wil bereik, alhoewel ons dalk verskillende werkwyses daarvoor aanwend.  Bid asb. vir ons gesamentlike pogings.

Ek erken ook graag sy baie bruikbare materiaal wat hy tot ons beskikking stel vir gebruik. Daarom deel ek graag die inligting. Dankie Projek KuberWêreld!


Projek KuberWêreld Verslag — Augustus 2017

Projek KuberWêreld is dankbaar teenoor die Here om te kan rapporteer dat ons gedurende Augustus 2017 met u gebeds– en finansiële medewerking, 160,952 persone bereik het met evangeliese uitreike deur middel van advertensies en poste op Facebook; daar was 19,263 interaksies (engagements); terwyl 3,164 nuwe persone die ‘Help Me Find God’ webblad vir die eerste keer besoek het. Meeste van hierdie persone woon in die mins geëvangeliseerde lande van die wêreld. Die Here het ons gehelp om hierdie jaar in totaal reeds 1,335,810 persone te bereik met evangeliese uitreike deur middel van advertensies en poste op Facebook, terwyl 25,351 nuwe persone die Help Me Find God webblad besoek het. Bid asseblief vir die redding van siele asook vir hulle wat ‘n keuse vir Jesus Christus gemaak het.

Wêreldsending Nuusflits:  “Facebook’s internet-beaming drone completed its second test flight and landed ‘perfectly’.”  Facebook’s internet-beaming drone, a lightweight but wide solar-powered aircraft it’s building to bring internet to rural places, completed its second test flight in the Arizona desert, … Lees gerus die artikel hier.

Sal u ‘n knoppie druk? Hierdie jaar tot op datum was daar reeds 130,203 interaksies op ons ’How To Find God’ Facebookbladsy deur persone in die Onbereikte Wêreld. U kan deel wees van die span wat die Evangelie die wêreld instuur deur slegs ‘n knoppie te druk — een per week! Hier is die skakels na vier artikels wat ons hierdie maand aanbeveel. U sal die knoppies op die webblad vind:

Week 1: Jou Passie vir God en Sy Wêreld

Week 2: Wanneer sal die Onbereikte Wêreld met die Evangelie bereik word?

Week 3: Will Christ Return to Earth Before the World has been Evangelized? Deur Dr Oswald Smith

Week 4: Why Should Anyone Hear the Gospel Twice before Everyone has Heard it Once? Deur Dr Oswald Smith

U ondersteuning is vir ons belangrik. Baie dankie aan elkeen wat vir ons bid en Projek KuberWêreld finansieel ondersteun. Sonder u kan ons nie voortgaan nie. Mag die Here u en u gemeente ryklik seën!

Besoek gerus ons webblaaie hieronder waar u meer inligting kan kry.

Belangrike skakels:

Projek KuberWêreld Tuisblad — Leer meer van Projek KuberWêreld se bediening aan die Onbereikte Wêreld.

Operasie Een Ding Tuisblad — Ons vennootskapsprojek om die Onbereikte Wêreld strategies te bereik.

Operasie Een Ding Joernaalblad — Hier mobiliseer ons die Kerk om by wêreldsending betrokke te raak.

Hoe om betrokke te raak by Projek KuberWêreld — Hier kry u ons kontak- en bankbesonderhede.

Help Me Find God — Hierdie is ons primêre Engelse Uitreikwebblad

Hoe Om God Se Doel En Plan Vir Jou Lewe Te Vind — Hierdie is ons primêre Afrikaanse Uitreikwebblad

Ons Engelse Bronneblad — Hier kry u ons ander uitreikskakels en kan u ander bronne aflaai wat deur ons geskryf is.

Liefdegroete

Elmer en Nansie Grobler

admin@sepprograms.com  

Chris Visser,

Comments are closed.