Category Archives: Inligting/Information

Vissers – Meer Persoonlike Nuus

DANKIE!

Net eers weer ‘n baie GROOT DANKIE vir almal se ondersteuning in wat ons probeer doen. Dankie vir elke Donasie en bemoedigende Sms, epos of WhatsApp.

Ek is veral geweldig opgewonde en entoesiasties in wat tans gebeur met die Internet-evangelisasie projek. Dit bloei absoluut en meer en meer Medewerkers kom by. Dink net hoe geweldig groot is die oop kanaal om met mense wat dalk nog nooit die Evangelie (verstaanbaar) gehoor het nie, dit op hulle eie plekkie te lees (en na videos te luister)… sonder vrees dat iemand hulle kan uitvang en vervolg. Die moontlikhede is geweldig uitdagend groot.

Al kan jy nie self deelneem nie… BID ASSEBLIEF DAARVOOR.

Mobilisering- en preekgeleenthede.

Dis altyd ‘n voorreg om by ‘n gemeente of Groep meer persoonlik betrokke te wees.  Ons was die afgelope tyd betrokke saam met die Uitreik-leiers van die gemeente Jubilaté (Benoni) en preek volgende Sondag daar by ‘n Sending-diens waar ook die Geloofsoffer-verbintenis vir hulle Sendelinge ingestel gaan word. BID ASB OOK DAARVOOR!

Internet-evangelisasie: Spesialisgroep -Buddhisme

Ons beplande boek oor die Dalai Lama:

Net ‘n kort opvolg-verslag hieroor.  Ons was besig met ‘n boek oor die Dalai Lama wat ons wou publiseer met sy koms na Botswana die komende week.

Wat is die nuutste? Nee, hy kom nie meer nie en ons plaas dus die boek op ‘hold’.

Lees hier my briefie aan ons Ondersteunersvriende wat behulpsaam was met die redigering van die boek:

  • “Dear Himalaya Friends, You know about my plan to publish a book about the Dalai Lama of Tibet as his visit to Botswana next week would be a very important historical event.
  • Due to this news (the cancellation of his visit as he was “too exhausted to take the trip”) I decided to stop the publication of the book for now.
  • I am still think if and when I will publish it. You are welcome to pray and further advise me on this.
  • Read the news here. http://abcnews.go.com/International/wireStory/dalai-lama-cancels-botswana-visit-exhaustion-49174143

MEDEWERKERS VIR FB BLAD:

Ons aantal ‘medewerkers’ (FB Likes) vir die Blad  staan nou reeds op 63. Jy word steeds uitgenooi om deel hiervan te word.

Lees meer daaroor en registreer < font-size: 14px;”>op die  Blog van Koninkryksfokus.

Klik op http://www.koninkryksfokus.com/2017/07/13/medewerkers-by-koninkryksfokus-se-internet-evangelisasie-projek/

As jy belangstel en geroep voel vir hierdie Spesialis-bediening …

Welcome to Register on the FB Page: Boeddhisme – Buddhism . (It is About: In Conversation about Buddhism; What is Buddhism? How to share the Good News for Buddhists.)

Ons fokus op Boeddhisme

Boeddhisme / Buddhisme

As voorbeeld van hoe ons met ons Internet-evangelisasieprojek die afgelope twee weke gefokus het op die uitbouing van ons invloed in die Boeddhistiese wêreld (sien ons FB Blad:  https://www.facebook.com/AllDelusions/).

Volgens FB statistiek, het ons die afgelope twee weke op hierdie Blad 3235 mense bereik (reach) en 866 persone betrek (engage), dit danksy twee advertensieveldtogte wat ons slegs $4 (R56) gekos het.

Ons aantal lede (Blad “likes” en “followers”) het gegroei van 19 na 50 (260%).

En die Dalai Lama…

Omdat die Dalai Lama tans weer in die nuus is (Hy gaan binnekort in Botswana optree, maar China maak weer hulle boelie-stem dik om Botswana af te pers om nie ‘n visum aan hom te gee nie), daarom het ons nou ‘n boek oor hierdie Tibetaanse Buddhiste leier geskryf… Hy het immers ‘n geweldige gevolg (Sy FB en Twitter “likes” is albei meer as 14 miljoen!)

The Dalai Lama & Tibet;          Big Brother China and  Jesus Christ, the King

(Ons  was tevore besig met die boek vanweë ons betrokkenheid en ondersteuning van werkers in die gebied en kon dit nou voltooi)

  • As jy belangstel om die boek aan te skaf, kontak my of hou die Blog dop.

Hoeveel weet jy van die persoon en die saak van die Tibetaanse Buddhisme?

En van die beskikbaarheid van die Evangelie onder hulle?

Hieronder is ‘n interessante Elgemene Kennis-vraelys daaroor. Kyk hoe jy vaar .