Category Archives: Internet-Evangelisasie

Internet-evangelisasie… Verslag van Facebook Advertensies

The Bible, the only truth and the answer for all life’s questions.

Hiermee voorbeelde van ons Advertensie wat ons op FB geplaas het met ons Internet-Evangelisasie projek. (Klik op die prentjie)

Een tot Buddhiste gerighttps://madmimi.com/s/7288ca 

(Gaan kyk gerus op die nuwe FB Blad vir die doel… Good News for Buddhists  of   https://www.facebook.com/AllDelusions/ )

  • Die respons… Vir ‘n advertensie oor twee dae vir slegs $0.47…
  • 779 People Reached, 6 Clicks, 1 Share

‘n Ander advertensie gerig op Muslims het die volgende respons gehad…

(Kyk by https://www.facebook.com/IsaAlsoLovesMuslims/ )

  • Oor 7 dae teen ‘n bedrag van $4.28
  • 2262 People Reached, 411 Engaged, 150 Link Clicks,  294 Post likes, 12 Post shares, 10 Page likes, 1 Share.

Wat leer mens uit die response?

Swak!? Geen bekerings!?  Geen persoonlike respons!

O Nee. Nie moedeloos, maar besef ek duidelik… Baie meer gebed nodig…. Sodat diegene wat die Heilige Gees voorberei het, die advertensie sal raaksien, nuuskierig raak en dit lees en reageer.

WIL JY NIE ‘N GEBED-MEDEWERKER HIERVOOR WORD NIE.

Kyk op die volgende Plasing vir meer besonderhede.

Word ‘n Gebedsmedewerker vir ons Internet-Evangelisasie projekte

Word ‘n Gebedsmedewerker vir ons Internet-Evangelisasie projekte

Pray for Internet-Evangelism to Muslims

Please JOIN our Prayer Group!

This Group’s task is to support our Internet-Evangelism project via Social Media by PRAYER.

Projek KuberWêreld Verslag — Augustus 2017

Ek deel graag hierdie verslag “Projek KuberWêreld” van Elmer Grobler oor hulle mooi Internet Evangelisasie-bediening.  Ons by Koninkryksfokus het besluit om saam met hulle hande te vat in die poging, omdat ons immers dieselfde doel wil bereik, alhoewel ons dalk verskillende werkwyses daarvoor aanwend.  Bid asb. vir ons gesamentlike pogings.

Ek erken ook graag sy baie bruikbare materiaal wat hy tot ons beskikking stel vir gebruik. Daarom deel ek graag die inligting. Dankie Projek KuberWêreld!


Projek KuberWêreld Verslag — Augustus 2017

Projek KuberWêreld is dankbaar teenoor die Here om te kan rapporteer dat ons gedurende Augustus 2017 met u gebeds– en finansiële medewerking, 160,952 persone bereik het met evangeliese uitreike deur middel van advertensies en poste op Facebook; daar was 19,263 interaksies (engagements); terwyl 3,164 nuwe persone die ‘Help Me Find God’ webblad vir die eerste keer besoek het. Meeste van hierdie persone woon in die mins geëvangeliseerde lande van die wêreld. Die Here het ons gehelp om hierdie jaar in totaal reeds 1,335,810 persone te bereik met evangeliese uitreike deur middel van advertensies en poste op Facebook, terwyl 25,351 nuwe persone die Help Me Find God webblad besoek het. Bid asseblief vir die redding van siele asook vir hulle wat ‘n keuse vir Jesus Christus gemaak het.

Wêreldsending Nuusflits:  “Facebook’s internet-beaming drone completed its second test flight and landed ‘perfectly’.”  Facebook’s internet-beaming drone, a lightweight but wide solar-powered aircraft it’s building to bring internet to rural places, completed its second test flight in the Arizona desert, … Lees gerus die artikel hier.

Sal u ‘n knoppie druk? Hierdie jaar tot op datum was daar reeds 130,203 interaksies op ons ’How To Find God’ Facebookbladsy deur persone in die Onbereikte Wêreld. U kan deel wees van die span wat die Evangelie die wêreld instuur deur slegs ‘n knoppie te druk — een per week! Hier is die skakels na vier artikels wat ons hierdie maand aanbeveel. U sal die knoppies op die webblad vind:

Week 1: Jou Passie vir God en Sy Wêreld

Week 2: Wanneer sal die Onbereikte Wêreld met die Evangelie bereik word?

Week 3: Will Christ Return to Earth Before the World has been Evangelized? Deur Dr Oswald Smith

Week 4: Why Should Anyone Hear the Gospel Twice before Everyone has Heard it Once? Deur Dr Oswald Smith

U ondersteuning is vir ons belangrik. Baie dankie aan elkeen wat vir ons bid en Projek KuberWêreld finansieel ondersteun. Sonder u kan ons nie voortgaan nie. Mag die Here u en u gemeente ryklik seën!

Besoek gerus ons webblaaie hieronder waar u meer inligting kan kry.

Belangrike skakels:

Projek KuberWêreld Tuisblad — Leer meer van Projek KuberWêreld se bediening aan die Onbereikte Wêreld.

Operasie Een Ding Tuisblad — Ons vennootskapsprojek om die Onbereikte Wêreld strategies te bereik.

Operasie Een Ding Joernaalblad — Hier mobiliseer ons die Kerk om by wêreldsending betrokke te raak.

Hoe om betrokke te raak by Projek KuberWêreld — Hier kry u ons kontak- en bankbesonderhede.

Help Me Find God — Hierdie is ons primêre Engelse Uitreikwebblad

Hoe Om God Se Doel En Plan Vir Jou Lewe Te Vind — Hierdie is ons primêre Afrikaanse Uitreikwebblad

Ons Engelse Bronneblad — Hier kry u ons ander uitreikskakels en kan u ander bronne aflaai wat deur ons geskryf is.

Liefdegroete

Elmer en Nansie Grobler

admin@sepprograms.com  

Chris Visser,