Category Archives: Navorsing-Sending

Missiographics – Tools for Missions

Missiographics

Is die woord Sending besig om sy betekenis te verloor?

Is die woord Sending besig om sy betekenis te verloor?

Hoofstuk 1 van die verslag: ’n Ondersoek na Afrikaanse Gemeentes se Betrokkenheid by Sending.

▪ Hoofstuk 1 skop die verslag inleidend af met die vraag: Is die woord Sending besig om sy betekenis te verloor?
Het dit begin verskuif met al die ander begrippe soos “Gestuurde gemeentes”, “Missionale Transformasie”. Wat lewer dit in die praktyk op?
Wat dink mens bv. van hierdie stelling: “ ‘Missionale transformasie’ dui sterk op die kaping van ons sendingopdrag in diens van sosiale geregtigheidsaksies. ‘Missionale transformasie’ word geposisioneer as ‘n voertuig waarbinne die sendingopdrag hervertolk word as aksies ter verbetering van randfigure se lot, die verbetering van mense se menseregte deur sosiale aktivisme, betogingsaksies en projekte om die samelewing te verbetering”

LAAI NET HOOFSTUK 1 VAN DIE VERSLAG HIER AF

L.W. Jy kan steeds ook die hele Verslag hier aflaai

Opsomming van Verslag oor Sendingbetrokkenheid van Afrikaanse gemeentes


‘n Ondersoek na Afrikaanse Gemeentes  se Betrokkenheid by Sending:

In 2016 is ’n Navorsingsprojek geloods oor die stand van Afrikaanse gemeentes se betrokkenheid by sending. Dit is aan die einde van 2016 gepubliseer, maar weens die jaareinde-druk dalk deur baie gemis. Hiermee dus ’n opsomming van die verslag met die geleentheid om weer daarna te kyk.

L.W. Die vermoede van ’n te positiewe indruk: Al die response wat vir hierdie navorsing gebruik was, is die van vrywilliger-medewerkers. My vermoede is dat gemeentes wat tans minder ‘betrokke’ is by Sending as bv. ’n dekade gelede (wie se Sendingbetrokkenheid werklik ‘gekrimp’ het), heel waarskynlik ook die gaan wees wat minder geneë sou wees om saam te werk om sulke vraelyste oor hulleself in te stuur. My vermoede is dus dat sulke gemeentes se informasie eerder hier sou ontbreek.

Dus is dit hoogs waarskynlik dat hierdie verslag ’n meer positiewe geheelindruk van die stand van Sendingbetrokkenheid van gemeentes weergee as wat werklik die geval mag wees.

Kortliks opgesom kom die verslag tot die volgende konklusies:

  1. Groei of stagnering: Meer as een kwart van gemeentes wie se data ontvang is se Sendingprogramme of -aktiwiteite het gestagneer of afgeneem.
  2. Leierskap en Sendingvisie: Daar is volgens die response nie werklik ’n tekort aan visioenêre leierskap in gemeentes nie. Daar word egter deur net meer as die helfte van die respondente aangedui dat daar wel ’n gebrek is aan leiers wat prakties voorgaan. Andersins dui 60% respondente aan daar is ’n gebrekkige sendingvisie (deurdat omdat gemeentes meesal fokus op instandhouding en eie behoeftes)
  3. Ons maak ’n verskil: Die grootste meerderheid van gemeentes dui aan dat hulle dit wel so ervaar, alhoewel meer as ’n kwart van gemeentes dit nie so positief beleef nie.
  4. Lidmaatbetrokkenheid: 63% van die respondente meen dat ’n beduidende aantal van hulle lidmate wel betrokke is by hulle Sendingprogram, maar ’n ontstellende hoë 75% dui ook aan dat ’n geestelike klimaat van onbetrokkenheid bestaan wat wel as ’n struikelblok verhinder dat gemeentes meer effektief betrokke is.
  5. Sendingblootstelling:
    1. Ongeveer die helfte van gemeentes dui aan dat onkunde oor die nood bestaan en dat daar te min blootstelling aan Sending voorkom.
    2. Om Sendingdeelname te verhoog is dit dus duidelik dat meer blootstellingsgeleenthede daaraan noodsaaklikheid is, veral moet meer Inligting daaroor beskikbaar gestel word. Twee uitstaande tekortkominge is ’n gebrek aan Sendingnaweke en Kort Uitreike in gemeentes.
  6. Gebrek aan Finansies: Meer as die helfte van gemeentes dui aan dat finansies kwaai onder druk by hulle is en dus wel ’n struikelblok is by hulle Sendingbetrokkenheid.
  7. Bydraes vir Sending: Ten spyte daarvan dat die ekonomie druk en gemeentes groot uitdagings beleef, dra ’n groot persentasie van gemeentes steeds ruimskoots vir Sending by. 60% dui aan dat hulle selfs een ‘tiende’ of meer gee.
  8. Bydraes vir Sending, spesifiek d.m.v. Geloofsoffers: 36% van gemeentes wat dit tevore gebruik het, het dit gestaak.

Verdere aspekte wat ook in die verslag aangeroer is:

  1. Die verskuiwing in die betekenis van die begrip “sending”: Nie net het ander begrippe in die plek van die tradisionele woord Sending gekom wat die saak (om die evangelie aan alle nasie te bring) baie ruimer as in die verlede gemaak het nie, maar dit eerder meer gekompliseer en selfs ‘vertroebel’ het. Meer belangrik: ek is van mening dat dit nie gehelp het om die saak  in die praktyk te dien of te verbeter nie. (Hoofstuk 1 van die verslag)
  2. Die invloed van ’n Missionale Gemeentebouproses op ’n gemeente se Sendingbetrokkenheid: Gemeentes se Sendingprogramme baat volgens hulle deelname aan sulke prosesse. (Hoofstuk 4 van die Verslag)
  3. Die effek van die afgelope Sinodes se besluite oor selfdegeslagverhoudings op Sending: Dit is nie nagevors nie, maar daar is ’n toenemende bekommernis dat dit wel ’n invloed op gemeentes en lidmate se betrokkenheid by sending kan hê. Dit is daarom in die verslag aangeraak. (Lees ook Die Gay-debat in die Kerk vandag binne groter Globale konteks)
  4. Advies hoe om die inligting van die verslag te gebruik en ’n gemeente meer effektief te mobiliseer vir Sending: Verskeie voorstelle en hulpmiddels word gegee. (Einde van Hoofstuk 3)
  5. Dissipelskap en Ontdekkingsbybelstudie: Omdat daar deesdae baie klem op hierdie aspekte binne die internasionale agenda van die suksesvolle kerkgroei-beweging geplaas word, word dit in die laaste hoofstuk van die verslag opgeneem en verskeie hulpmiddels daarvoor gegee. (Hoofstuk 5)

Die volledige verslag soos gepubliseer in Academia, kan steeds GRATIS  hier afgelaai word.

  • Chris Visser, Koninkryksfokus
  • 012-6542938;
  • 082-9269364