Category Archives: Sending Nuusbriewe

Persoonlike nuusies vir Oktober

VISSERS vir CHRISTUS en KONINKRYKSFOKUS:

Net ‘n kort woord… van dank en waardering…. Vir almal wat vir ons persoonlik bly opdra aan die Heer.  Hy is Goed; Prys Hom!

Hoe gaan dit? Baie goed. Gesondheid; genade… waarlik goed. Dankie!

Verslag: Ek is hoogs opgewonde oor die vordering met ons Internet-evangelisasie projekte.  Ons is steeds besig om te leer, uit te brei… “The Sky is the limit” sê hulle. Kyk gerus na ons … “Are you a Good Person?” … soek dit hier êrens…

Dankie vir almal wat oor jare reeds ons finansies styf hou; En dan uit die bloute… Donasies wie se oorsprong ons nie kan opspoor nie… Uit Heidelberg (R2000); Van Schoeman boerdery (R500). Ons kan hiermee lekker speel met die Internet-advertensies op ons FB Blaaie (Loer gerus daarop… en bid vir die response…).

  1. Aan Muslims (Conversation with Muslims),  https://www.facebook.com/IsaAlsoLovesMuslims/
  2. Aan Buddhiste  (Good News for Buddhists and everyone else)  https://www.facebook.com/AllDelusions/  

Word gerus ‘n medewerker hierin… Self betrokke; Bid; Geldjie as jy kan…

Lees meer hieroor by http://www.koninkryksfokus.com/projekte-2/

Dankie weereens.

Chris Visser (VisChris)

Kontak gerus vir Navrae… vischris@koninkryksfokus.com

Hiers ek weer… ook bietjie persoonlike nuus.

Môre vriend. Dis Saterdagoggend vroeg. Skryf net gou iets voor my Koninkryksnuus (“RSS Feed for http://www.vischris.com/feed/”) wat jou so later in die dag gaan bereik. Hopelik nog betyds vir my om gou ’n PARKRUN ook nog saam met ons kinders te gaan doen).

Jy’t dalk al agtergekom die nuus kom elke Saterdagoggend vroeg. Dis die advies wat die internet-navorsers gee. Dis die beste tyd om jou nuus uit te stuur om gelees te word. Lees jy darem nog my nuus? (Laat my dink aan popliedjie:. Bokkie is jy darem nog lief vir my?)

Persoonlike nuus en Gebedsversoek:

Bid jy darem nog vir my. Die versoek van Paulus spreek sy eie duidelike behoefte vir gebedsondersteuning uit. Ef. 6:18-20 Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak. Ter wille van hierdie evangelie is ek ’n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is.

Ek moet eerlik wees, die pretgeleenthede (eintlik “preekgeleenthede”, maar my speltoetser het dit “pret” gemaak), ja, dit word al minder van ek nou mos ’n emeritus is (een of ander soort Westerse kerk-siekte) en dis seker maar realiteit. Soos mens ouer word kom ‘n paar lewensfaktore by wat dit moeiliker maak… Volgende maand staan die 70-kerf voor my deur en dis blykbaar nie vir ‘sissies’ nie. Eisjh!

Dankie, vir U voortgaande genade, Heer!

Die kerkopset vandag:

En die kerkopset raak mos ook nie ‘makliker’ nie. Jy weet waarvan ek praat. Die gebytery van almal oor alles. (die Gebedsdag op Bloemfontein was seker die mees bestrede kerklike aangeleentheid in ons geskiedenis). Wat sê Gal 5:14-15 vir mens daaroor. Gal 5:14-15 “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie.” Bid jy nog gereeld genoeg vir jou kerkleiers?

Wat sien ek van Jesus en die kerk?

Daar is altyd ’n paar groepe mense wat Hy tref. Eerstens die ONGEHOORSAMES. Mens lees in Mk 2 waar Jesus toegegooi word van nuuskierige skare en mense wat saamdrom omdat een ou (’n melaatse) wat Hy tevore gesond gemaak het en aan wie Hy gesê het… “Moet vir niemand iets hiervan vertel nie (Mk 1:44), tog gegaan en dit “wyd en syd en oral begin rondvertel het”. Ek dink Jesus was nooit kwaad daaroor nie. Die man kon dit net nie vir homself hou nie.

Dan is daar die massa NUUSKIERIGES; hulle staan meesal net in die pad en verhinder sy werk (Mk 2:2). Daar is darem altyd onder hulle ook diegene wat HELPERS is, wat help dat ander in NOOD by Jesus uitkom (Mk 2:3)

Ook is daar altyd die SKRIFGELEERDES; FARISEËRS, wat altyd kom om hom dop te hou en uit te vang op ’n dwaalleer of ’n fout (Mk 2:6; Mk 3:2). Hy het min ooghare vir hulle gehad, om verskeie redes. Wat interessant is, is dat daar ten pyte van hulle of as gevolg van hulle, altyd ’n wonderwerk gevolg het.

Persoonlike Bedieningsnuus.

Ek preek môre-oggend in Neos gemeente in Centurion en later die maand in Secunda Rondekerk. Is steeds ’n geweldige voorreg (ja, ook pret), want dit dwing mens om meer toegespits met die Woord besig te wees.

Deesdae voel ek al meer gelei om my fokus op die Sosiale Media en Internet evangelisasie te plaas. Dis waarom ek ook nou die briefie skryf. Om met jou op te vang en jou uit te nooi (uit te daag?) tot ’n nouer verhouding met Jesus en groter gehoorsaamheid in sy plan met jou eie lewe.

Weet jy nie hoe nie? Daars tans so baie hulpmiddels (“Apps”, Afrikaans: Toeps) beskikbaar. Kyk gerus na ’n Powerpoint wat ek daaroor op my Blog geplaas het. (2017-Hulpmiddels vir Sending).  http://www.authorstream.com/Presentation/vischris1-3124261-2017-hulpmiddels-vir-sending/

Hiermee groet ek.

Dankie, dat jy my woorde gelees het. Welkom om daarop te reageer.

Dankie, dat jy ook vir met my pogingkies om steeds die evangelie van die Koninkryk uit te dra, voor die Here lê. Welkom om ook dáárby betrokke te raak. (Lees gerus die inligting op die res van hierdie Blog)

Seënwense,

Chris Visser (VisChris)

Koninkryksfokus.

Dink aan Sendelinge in nood asb.

Daniel & Marina Krynauw, Pattaya, Thailand skryf op 20 Januarie 2017

Liewe Vriende:

‘n MRI skandering by Samitivej Sriracha Hospitaal het Woensdag aan die lig gebring dat Daniel Jr ‘n lymphangioma sist aan die regterkant van sy nek het wat na die bokant van sy toraks versprei het. Vanwee die feit dat die sist aan ‘n aar sowel as ‘n senuwee geheg is vereis die onmiddelike verwydering daarvan ingewikkelde presisie chirurgie wat deur ‘n meester chirurg uitgevoer moet word.

Soos die Here wil sal een van Thailand se top chirurge eerskomende Sondag, 22 Januarie, hierdie operasie op Daniel Jr uitvoer by Samitivej Sriracha Hospitaal, 35 km vanaf Pattaya. Daniel se post-operatiewe binne-pasient verblyf in vermelde hospital sal ‘n minimum van 3-dae wees.

Sluit asseblief by ons aan in gebed vir ‘n veilige-en suksesvolle operasie, asook vir ons seun se volle-en spoedige herstel. Baie dankie ook vir jul voorbidding rakende onkostes. Ons het slegs beperkte mediese versekering vir ongelukke. Die THB 200,000 (+/- R76,000) onkostes wat in bostaande verband betrokke is moet ons derhalwe uit eie sak vereffen.

Met liefde en seen,

in Jesus,

Danie & Marina

  • krynauwdm@gmail.com
  • 00-66-89-235-8912   Danie
  • 00-66-85-140-7805   Marina
  • 00-66-38-231104      Landlyn tuis

Tuis:

  • 131 / 36 NPC Village
  • Soi ChaiyaPruek
  • Jomtien Beach
  • PATTAYA
  • 20260
  • Chonburi Province
  • THAILAND