Boeke vir Sendingmobilisering

Boeke kan as gedrukte of as eBoeke aangeskaf word.

Payments for Books or Donation for Projects can be done by any of the following methods / Vir Aankope of Donasies, Klik op  die Logo ‘Donation / Pay for Books’ 

Or… on the Link http://www.koninkryksfokus.com/welkom/donate-or-pay/

Vir meer inligting oor enige van die boeke, klik op die betrokke foto van die boeke hieronder.

Ja! vir Sending;

Meer lof vir God.

Die boek wil graag ’n nuwe oproep en motivering vir sending in ons dag bring. Die boek probeer nuut dink oor die uitdagings wat tans voor die kerk lê, en gee hopelik ‘n paar riglyne wat kan bydra dat die koms van die Koninkryk van God finaal in ons dag sal kom! 

Ja vir Geloofsoffer- beloftes;

Meer geld vir Sending.

‘n Metode om baie ekstra fondse vir ‘n gemeente se Sendingprojekte in te samel. 

  • Die boek is ongelukkig uit druk en word tans verwerk.
  • Jy is egter baie welkom om die boek steeds as e-Boek aan te skaf.

So het God my geroep; 

en was Hy nie getrou nie!

Getuienisse van 10 Sendelinge:  Hoe God hulle geroep het en van God se trou. Hy het hulle deurgedra!  Enduit! Opgedra aan: Alle Sendelinge wat ja gesê het op God se roeping en Hom gehoorsaam al kos dit wat.

 Die Oorlog van die woedende draak teen die vrou.

Vanuit die profetiese Boodskap van die Skrif en intensiewe navorsing in die kerk wil die boek die Kerk se stryd teen die bose aanspreek en gelowiges nuut oproep – néé uitdaag – en motiveer en help; Om in die 21e eeu te volhard – Om die evangelie meer effektief uit te dra.

Ons is aan die wenkant! Hy het klaar oorwin, maar die oorlog gaan steeds voort.  Hierdie boek wil jou daarin help!

Tibet: Doolhof tussen twee mure; A Maze between two walls.

‘n Reisverhaal na ‘n besoek aan Tibet in 2011. Veral ook om die tragiese duisternis van die Tibetaanse Boeddhisme en die houvas van die Chinese regering oor die land daarby in te vleg. Die twee mure wat hier ter sprake is handel juis oor bogenoemde twee aspekte.

GOD SE DIAMANT SKITTER VOORT 

Die hoofboodskap van die Bybel vir vandag.

 

OM DIE BOEK AAN TE SKAF: