HUMOR

  Lag ‘n bietjie; Dis sag op die siel, veral as dit skoon humor is.

Here is a fresh joke for you, each time you visit this site. (Click on the friendly face)

‘n Paar Voorbeelde van lekker lag grappies.

Liewe Kersvader,

Hoe gaan dit met oom Kersvader? En met tannie Krismis? Ek hoop al die
takbokke en die elwe is ook almal gesond. Soos Oom seker weet, was ek die jaar ‘n baie soet seun. Ek sal asseblief X-Box 360 met Grensvegter klaar gelaai, en nuwe Apple IPhone 5 wil ontvang vir Kersfees.

Groete en Geseënde Kersfees,

Bennie Botha

xx xx xx

Liewe Bennie,

Dankie vir jou mooi briefie. Die Tannie, die takbokke en al my helpertjies is almal blakend gesond en hulle laat weet dankie dat jy uitvra na hulle. Maar Kersvader is ‘n bietjie bekommerd dat jy te veel tyd spandeer met
videospeletjies en selfoontekse stuur. Jy is juis besig om bietjie lywig te raak weens te min oefening. Daarom, en omdat jy so soet was, dink ek dat ek liewer vir jou ietsie gaan bring waarmee jy buite kan speel en van daai ekstra vetjies ontslae raak.

Geseënde Kersfees,

Kersvader

xx xx xxxx

Geagte Mnr. Kersfees,

Siende dat ek my deel van ons soet teenoor stout kontrak nagekom het, voel ek vol vertroue dat u ‘n plan sal maak om my te gun wat my toekom. Ek wil nie graag hierdie feestyd skend en omskep in hofgeding nie. Verder dink ek dis bietjie vermetel om te verwys na my gewig, veral komende van ‘n oorgewig man wat maar een keer per jaar buite kom.

Hoogagtend die uwe,

Ben Botha

xx xx xxxx

Meneer Botha,

Hoewel ek toegegee het dat jy jou beter gedra het die jaar, moet ek jou
daarop wys dat jou Kerslys slegs versoeklys is en op geen manier waarborg is dat dienste gelewer sal word nie. Dis egter jou volle reg om wetlike stappe te neem, maar neem kennis dat ek en my prokureurs al suksesvol sake doen sedert die Dierebeskerming my aangevat het oor die werkslas van my takbokke. Ek is dus meer as gewillig om jou aan te vat in die hof. Verder wil ek ook net byvoeg dat die oefening wat ek voorskryf, nie net jou gesondheid sal verbeter nie, maar dit sal jou ook help met jou sosiale interaksie en selfs van daardie klomp puisies op jou gesig laat opklaar.

Die uwe,

Mnr. Kersvader

xx xxx xx xx

Kyk hier Vettie,

Ek het jou nou klaar laat weet wat ek wil he en ek verwag dat jy dit vir my
gaan bring. Ek was maar net beleefd. Maar nou, omdat jy my in die gesig vat en my vriende ook nog bysleep, gaan ek hulle juis teks en ons gaan vir jou met jou dik lyf inwag en ek gaan VAT uit daai sak van jou NET WAT EK WIL!

Breker Botha

xx xxx xx xxx

Luister Pizzagevreet,

Is jy gerook? Dink jy ‘n ou wat by ELKE huis in die wêreld inbreek in een nag, sonder om gevang te word, gaan skrik vir laaitie soos jy? Ek weet wanneer jy slaap en ek weet wanneer jy wakker is. Besef jy hoeveel kontakte ek het, my pel? Ek is bedraad, ou maat! Ek het maniere om jou te laat bloei waar mens nie wil bloei nie. Wees verseker jy gaan nie kry waarvoor jy voor gevra het nie, maar ek gaan steeds opdaag en dan kan ons bietjie jou pyndrumpel
toets.

KV

xx xxx xx x

Liewe Kersvader,

Bring vir my net wat Oom wil, ek sal ENIGE IETS waardeer!

Bennietjie

xx xxx xx

Bennie,

Ek het so gedink, jou klein nikswerd.

Kersvader.

 

Snaakse Videos

‘n Lekker Bulstorie vir almal wat na die plaas verlang.Bul

A DEA Agent stopped at a ranch in Texas and talked to an old rancher. He told the rancher, “I need to inspect your ranch for illegally grown drugs.” The rancher said, “okay, but don’t go into that field over there…”, as he pointed out the location. The DEA Agent verbally exploded and said, “look mister, I have the authority of the federal government with me!” Reaching into his rear back pocket, the arrogant officer removed his badge and proudly displayed it to the rancher. “See this badge?! This badge means I can go wherever I want… On any land! No questions asked, no answers given! Do you understand old man?!”

The rancher kindly nodded, apologized, and went about his chores. Moments later the rancher heard loud screams, he looked up and saw the DEA agent running for his life, being chased by the ranchers big Santa Gertrudis Bull…… With every step the bull was gaining ground on the officer, and it was likely that he’d sure enough get gored before he reached safety. The officer was clearly terrified. The old rancher threw down his tools, ran as fast as he could to the fence, and yelled at the top of his lungs……

“YOUR BADGE! SHOW HIM YOUR BADGE!”

This story made us laugh. SHARE it with your friends if it made you laugh as well!

KYK GERUS BY ONDERWERP/KATEGORIE HUMOR VIR MEER 

 

TERUG NA MENU

Gee jou mening / Leave a reply